Die bontnuwejaarsvoël (Oxylophus jacobinus) is 'n algemene, intra-Afrika broeiende somertrekvoël uit Noord-Afrika en Suid-Asië. Hulle kom in boomveld, ruigtes en doringboomsavanne voor. Die voël word 34 cm lank en weeg dan 70 – 92 gram. In Engels staan die voël bekend as die Jacobin Cuckoo.

Die voël is 'n broeiparasiet en gebruik die tiptolle en fiskaallaksman as broeigashere.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Koekoeke Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin