Die dikbekkoekoek (Pachycoccyx audeberti) is 'n skaars standvoël en intra-Afrika broeiende somertrekvoël in rivierwoud en digte boomveld. Die voël is 36 cm lank en 92 - 120 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Thick-billed cuckoo.
Dit is die enigste spesie in die genus Pachycoccyx en die spesie is dus monotipies.
Die voël is 'n broeiparasiet en gebruik hoofsaaklik die swarthelmlaksman as broeigasheer.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Koekoeke