thumb|Clamator levaillantii + Turdoide plebejus Die gestreepte nuwejaarsvoël (Oxylophus levaillantii) is 'n gelokaliseerde, algemene, intra-Afrika broeiende somertrekvoël na boomveld en savanne. Die voël is 38 – 40 cm lank en 105 - 140 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Levaillant's Cuckoo.

Die voël is 'n broeiparasiet en gebruik die pylvlekkatlagter en ander katlagters as broeigashere.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Koekoeke Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin