Die Temminckse strandloper (Calidris temminckii) is 'n skaars voël en somerswerwer wat vyf keer in Suid-Afrika opgeteken is. Die voël oorwinter gewoonlik noord van die ewenaar. Dit is 13-15 cm lank, weeg 18-30 g en het 'n vlerkspan van 35 cm. In Engels staan die voël bekend as die Temminck's Stint.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Steltloperagtiges