Die M'basherivier (ook Bashee en Mbhashe) is een van die groot riviere in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die rivier ontspring op 2 600m hoog in die Drakensberge en vloei in 'n suidoostelike rigting. Dit het 'n opvanggebied van 6 030 km².Mbhashe River Trends - 2007/2010 Die M'bashe word deur die Xuka-, Mgwali-, Dutywa- en die Mnyolo-riviere gevoed en vloei deur 'n indrukwekkende kloof. Besonder opvallend is die baie kronkels wat die rivier in die omgewing van Collywobbles maak. Die rivier mond naby die M’bashe Pointvuurtoring, suid van Mhlanganisweni in die Indiese Oseaan uit.Lighthouses of S Africa: M'bashee Lighthouse
Die rivier vorm die suidgrens van Tembuland.
Geskiedenis Die Portugese skip, die São Bento strand in 1554 by die rivier se monding. Slegs 98 Portugese en 224 slawe oorleef die stranding.
Nelson Mandela is in 1918 in Mvezo, 'n dorpie langs die rivier gebore.
Ekologie Van die visse wat hier gevang word, sluit in kleinbek-geelvis (Labeobarbus aeneus), goud-ghieliemientjie (Barbus pallidus), dikkop-ghieliemientjie (Barbus anoplus), varswater-harder (Myxus capensis), Madagaskar-bontpaling (Anguilla marmorata) en geelbekpaling (Anguilla mossambica). Die geelbekpaling is 'n indringerspesie wat nou wydverspreid in die rivierstelsel voorkom.Mbhashe River System
Sytakke Dutywarivier Candurivier Mgwalirivier Mnyolorivier Mtenturivier Xukarivier Zalala
Eksterne skakel Google-kaart van die M'basherivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
Kategorie:Riviere in Oos-Kaap