Die waterploeër (Rhynchops flavirostris) is 'n intra-Afrika trekvoël en word die meeste van April tot Januarie in die noorde van Suider-Afrika gesien. Dit bly by groot riviere, baaie en mere met groot sandbanke vir slaap- en broeiplek. Die voël se status is amper-bedreigd en die wêreldbevolking is sowat 10 000, en in Suider-Afrika sowat 1 000. Hulle broei in klein kolonies. Die voël word 38 tot 42 cm lank, weeg 120 tot 220 gram en het 'n vlerkspan van 1,25 tot 1,35 m. In Engels staan dit as die African skimmer bekend.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Steltloperagtiges