Die Rooinekstrandloper (Calidris ruficollis) is 'n seldsame voël en somerswerwer wat leef op die oewers van watermassas en soutpanne. Hulle kom saam met die Krombekstrandlopers voor. Die voël word deesdae minder gesien. Die voël is 13 – 16 cm lank, 22 - 35 g groot met 'n vlerkspan van 35 cm. In Engels staan die voël bekend as die Red-necked Stint.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Steltloperagtiges