Delicious Library is ’n mediakatalogiseringstoepassing vir Mac OS X en word ontwikkel deur Delicious Monster. Die toepassing stel die gebruiker in staat om al hul fisiese versamelings (boeke, CD’s, speletjies ens.) na te gaan en te beheer.

Die programmatuur is aanvanklik in November 2004 en het $250 000 in verkope gemaak. Delicious Library 2 is op 27 Mei 2008 bekendgestel maar die finale produk was reeds van 25 Maart beskikbaar. Die derde generasie van die programmatuur is in 2013 vrygestel.

Eienskappe Media-items kan handmatig ingevoer word deur die ISBN of die universele produkkode (UPC) in te voer, deur ’n biblioteek van ’n ander toepassing (soos Bookpedia) in te voer, ’n URL vanaf Amazon.com daarin te trek of strepieskodes te skandeer deur ’n Bluetooth-skandeerder, iSightkamera, die iPhone-skandeerder of ’n USB-sleutelbordtipe strepieskodeskandeerder (soos ’n pasgemaakte CueCat) te gebruik Integrasie met Mac OS X se Adresboek-toepassing om uitelings te bestuur Stemsoek Sinkronisering met iPod Versoenbaarheid met Spotlight Mini-boekrak Dashboard-katoetertjie Spesifieke rakke of hele biblioteke kan uitgedruk word Pasgemaakte versamelings stel die gebruiker in staat om hul eie “rakke” te skep om hul eie media te organiseer

“Paaseiers” Wanneer ’n Star Wars-item toegevoeg word, sê Delicious Library “I am your father” in ’n fluisterstem; Wanneer ’n Harry Potter-item toegevoeg word, sê Delicious Library "Voldemort", in ’n fluisterstem; Wanneer A Brief History of Time toegevoeg word, praat die biblioteek oor wetenskapkonsepte in ’n nagemaakte gesintetiseerde stem; Wanneer Rock Band toegevoeg word, sing Delicious Library ’n gedeelte van "Run to the Hills" deur Iron Maiden in ’n fluisterstem.

Verwysings

Kategorie:Toepassingsagteware