Die vlag van die Kerseiland is op 26 Januarie 2002 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n diagonale tweekleur in groen bo en blou onder met ’n wit Suiderkruismotief in die blou driehoek, ’n goue witpylstert in die groen driehoek en ’n groen silhoeët van die eiland in ’n goue skyf in die middel van die vlag.
Simboliek Die blou stel die see wat die eiland omring voor en die groen die plantegroei van die eiland. Die Suiderkruismotief is ’n voorstelling van dieselfde motief wat op die Australiese vlag verskyn. Die witpylstert is uniek aan die eiland. Die goue skyf stel die eiland se geskiedenis in die fosfaatmynbou voor en is ingesluit om ’n agtergrond te bied vir die groen silhoeët van die eiland.
Ontwerp Die ontwerp van die vlag herinner baie aan die vlag van Papoea-Nieu-Guinee.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Kerseiland by Flags of the World.
Kategorie:Kerseiland Kerseiland Kerseiland