Die spoorvlerkkiewiet (Vanellus spinosus) is 'n skaars voël en swerwer. Die voël is 5 keer opgeteken in Noord-Namibië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek. Gewoonlik kom die voël langs groot riviere en vloedvlaktes verder noord in Afrika voor. Die voël is 25 – 28 cm groot en weeg 135 - 175 gram met 'n vlerkspan van 75 cm. In Engels staan die voël bekend as Spur-winged lapwing.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Steltloperagtiges