__NOTOC__
Die grysstrandkiewiet (Pluvialis squatarola) is 'n waadvoël en algemene somerbesoeker aan Suider-Afrika se oop kuslyn en kuswatermere. Dit is 'n langafstand-trekvoël wat buite die broeityd bykans wêreldwyd aan kuslyne aangetref word. Die voël word 27 tot 31 cm groot en weeg 180 tot 300 gram. Dit het 'n vlerkspan van 76 cm. Die Suider-Afrikaanse streekbevolking is ongeveer 25 000 voëls. In Engels staan dit as die grey plover bekend.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Kiewiete