duimnael|240px|Die Shenzhou-ruimtetuig. duimnael|240px|Die ruimtepak van Yang Liwei tydens die Shenzhou 5-missie.

Shenzhou (Chinees: 神舟) is ’n ruimtetuig wat deur die Volksrepubliek China ontwerp is. Die naam word soms vertaal as "goddelike tuig" of "towerboot". Die ontwerp stem ooreen met dié van die Russiese Sojoes-ruimtetuig, maar dit is groter. Die eerste Shenzhou-tuig is op 19 November 1999 lanseer en die eerste bemande sending was op 15 Oktober 2003. In Maart 2005 is ’n asteroïde 8256 Shenzhou genoem ter ere van die ruimtetuig.

Geskiedenis China se eerste ruimteprogram is aanvanklik Projek 921-1 genoem, maar ná die eerste onbemande vlug is dit na Shenzhou verander. Nog drie onbemande vlugte, een met diere en ses bemande vlugte het gevolg.

Vlugte Shenzhou 1 (19 November 1999) – onbemande toetsvlug Shenzhou 2 (9 Januarie 2001) – met diere aan boord Shenzhou 3 (25 Maart 2002) – met ’n pop aan boord Shenzhou 4 (29 Desember 2002) – met ’n pop; verskeie wetenskapeksperimente uitgevoer Shenzhou 5 (15 Oktober 2003) – 14 omwentelings om die Aarde met Yang Liwei aan boord Shenzhou 6 (12 Oktober 2005) – sending van vyf dae met Fei Junlong en Nie Haisheng Shenzhou 7 (25 September 2008) – drie bemanningslede: Zhai Zhigang, Liu Boming en Jing Haipeng; twee lede loop in die ruimte Shenzhou 8 (31 Oktober 2011) – onbemande sending met twee poppe; koppel aan die ruimtelaboratorium Tiangong 1. Shenzhou 9 (16 Junie 2012) – drie bemanningslede, onder wie ’n vrou: Jing Haipeng, Liu Wang en Liu Yang; koppel aan Tiangong 1. Shenzhou 10 (11 Junie 2013) – drie bemanningslede, onder wie ’n vrou: Nie Haisheng, Zhang Xiaoguang en Wang Yaping; koppel aan Tiangong 1. Shenzhou 11 (17 Oktober 2016) – vervoer bemanningslede na Tiangong 2.

Beplande sendings Shenzhou 12 – 2018

Verwysings

Eksterne skakels Substelsels en projekbestuur van Shenzhou 7 Apollo D-2 Proposal by General Electric, Encyclopedia Astronautica

15px Hierdie artikel is merendeels vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Ruimtevaart Kategorie:Volksrepubliek China