Die Oosterse goue strandkiewiet (Pluvialis fulva) is 'n voël en somerswerwer aan Suid-Afrika en verkies riviermondings en strandmere. Hulle word selde binnelands gesien. Die voël is 23 – 25 cm groot en weeg 110 - 170 gram met 'n vlerkspan van 65 cm. In Engels staan die voël bekend as Pacific golden plover.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kiewiete