Die grootstrandkiewiet (Charadrius leschenaultii) is 'n voël en skaars somerbesoeker aan Suider-Afrika se kuswatermassas. Hulle kom meer in die ooste voor veral in Mosambiek. Die voël word 22 – 25 cm groot en weeg 75 - 130 gram met 'n vlerkspan van 55 cm. Die streeksbevolking is sowat 2000 voëls. In Engels staan die voël bekend as die Greater sand plover.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kiewiete