Die Mongoolse strandkiewiet (Charadrius mongolus) is 'n voël en redelike algemene somerbesoeker aan Suider-Afrika se kuswatermassas veral in Mosambiek en die noorde van KwaZulu-Natal. Hulle is ook 'n seldsame besoeker by Langebaan. Die voël is 19 – 21 cm groot en weeg 45 - 90 gram met 'n vlerkspan van 50 cm. Die streeksbevolking is minder as 'n 1 000 voëls. In Engels staan die voël bekend as die Lesser sand plover, of Mongolian plover.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika.'' Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kiewiete