Die nasionale vlag van die Salomonseilande is op 18 November 1977 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n geel diagonale baan onder aan die vlagpaalkant na bo aan die wapperkant met ’n blou driehoek aan die vlagpaalkant en vyf wit sterre in die skildhoek en ’n groen driehoek op die wapperkant.

Simboliek Die vyf hoofeilandgroepe word deur die vyf sterre verteenwoordig. Die blou stel die omringende oseaan voor, die groen stel die land voor en die geel stel sonskyn voor.

Ander vlae Die burgerlike vaandel Civil Ensign (Solomon Islands) by Flags of the World, URL besoek op 15 Mei 2019. (vir handelskepe) en staatsvaandel State Ensign (Solomon Islands) by Flags of the World, URL besoek op 15 Mei 2019. (vir nie-militêre regeringsvaartuie) is rooi en blou vlae onderskeidelik, met die nasionale vlag in die skildhoek.

Die vlootvaandel Naval Ensign (Solomon Islands) by Flags of the World, URL besoek op 15 Mei 2019. (vir polisievaartuie) is gebaseer op die Britse wit vaandel, 'n rooi Sint Joriskruis op 'n wit veld, met die nasionale vlag in die skildhoek.

Sien ook

God Save Our Solomon Islands

Verwysings

Eksterne skakels

Salomonseilande by Flags of the World.

Kategorie:Salomonseilande Kategorie:Nasionale vlae