Die Asiatiese strandkiewiet (Charadrius asiaticus) is 'n voël en somerbesoeker aan Suider-Afrika, veral aan die noorde. Hulle verkies yl grasgebiede en wateroewers en kom gewoonlik in swerms voor. Die voël word 18 – 22 cm groot en weeg 60 - 78 gram met 'n vlerkspan van 58 cm. In Engels staan die voël bekend as Caspian plover.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Kiewiete