Die witkopkiewiet (Vanellus albiceps) is 'n skaars standvoël en nomade op sandbanke en sandstroke langs groot riviere. Die voël kom voor in die noorde van Suider-Afrika. Die voël is 28 – 32 cm groot en weeg 150 - 210 gram met 'n vlerkspan van 80 cm. In Engels staan die voël bekend as White-crowned lapwing.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Steltloperagtiges