Die withalssprinkaanvoël (Glareola nuchalis) is 'n skaars intra-Afrika trekvoël in tropiese en subtropiese gebiede. Dit word by rotsagtige plekke in riviere aangetref, en word in Suider-Afrika byna uitsluitlik by die Zambezi-, Chobe- en Okavangoriviere opgemerk, en is slegs as 'n skaars swerwer suidwaarts daarvan. Die streekbevolking is minder as 2 000. Die voël is 17 tot 20 cm groot en weeg 42 tot 55 gram met 'n vlerkspan van 50 cm. In Engels staan dit as die rock pratincole bekend.

Subspesies Daar is twee erkende subspesies:

G. n. nuchalis (Gray, 1849), – withalssprinkaanvoël – Tsjad tot Ethiopië, suidwaarts na suidelike Angola & noordoostelike Namibië tot westelike Zambië & Mosambiek

G. n. liberiae (Schlegel, 1881), – roeshalssprinkaanvoël – van Sierra Leone tot westelike Kameroen

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Korhane en wildepoue‎