Die Bosjakkalsvoël (Buteo trizonatus, sin. Buteo oreophilus trizonatus) is 'n endemiese, gelokaliseerde standvoël wat in woude en plantasies in streke in Suid-Afrika voorkom. Die voël is 45 – 50 cm groot, weeg 510 - 700 g met 'n vlerkspan van 1,0 - 1.2 meter. Die voël vang meestal knaagdiere, reptiele en voëls. In Engels staan die voël bekend as Forest buzzard.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Jakkalsvoëls Kategorie:Roofvoëls