Die Afrikaanse vleivalk (Circus ranivorus) - ook bekend as die Afrikaanse paddavreter - is 'n gelokaliseerde algemene standvoël wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika, die kus van Mosambiek, noord Botswana en sentraal Zimbabwe. Die voël is 44 – 50 cm groot, weeg 360 - 680 g met 'n vlerkspan van 1.0 - 1.2 meter. In Engels staan die voël bekend as African marsh harrier.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=2A2C169BF24B092E

Kategorie:Valke