Die donkersingvalk (Melierax metabates) is 'n skaars tot gelokaliseerde algemene standvoël wat in die noorde van Suid-Afrika en Botswana, Zimbabwe en Mosambiek voorkom. Die voël word 43 – 50 cm groot, weeg 480 - 880 g met 'n vlerkspan van 1 meter. Die voël vang gewoonlik lewendige prooi. In Engels staan die voël bekend as Dark chanting goshawk.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronne Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=D2AFD39BFB907C05
Kategorie:Valke Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin