Die nasionale vlag van die Gefedereerde State van Mikronesië is op 10 November 1979 in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n ligblou baan met vier vyfpuntige sterre in die middel.
Simboliek In navolging van die Amerikaanse voorbeeld stel die vier sterre van die Mikronesiese vlag die vier eilande van die land voor. Die ligblou stel die Stille Oseaan voor.
Geskiedenis ’n Ontwerp soortgelyk aan die huidige is van 1965 gebruik vir die vlag van die Trustgebied van die Pasifiese Eilande. Destyds was Kosrae deel van Pohnpei en is die twee dus deur een ster voorgestel. Die drie ander sterre het Palau, die Marshall-eilande en die Noordelike Mariana-eilande, wat nie deel wou uitmaak van die federasie nie, voorgestel. Die vlag wat in 1978 aanvaar is, is in die kleure van die vlag van die Verenigde Nasies.
Ander vlae
Komponente van die Gefedereerde State van Mikronesië
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Gefedereerde State van Mikronesië by Flags of the World.
Kategorie:Gefedereerde State van Mikronesië Mikronesie