Die Federale Distrik Noord-Kaukasus (Russies: Се́веро-Кавка́зский федера́льный о́круг, Sewero-Kafkazski federalni okroeg) is een van die agt federale distrikte van Rusland. Dit is geleë in die verre suidweste van die land, in die Noord-Kaukasus. Dit het op 19 Januarie 2010 uit die Suidelike Federale Distrik ontstaan.
Die sewe federale deelgebiede van die distrik het altesaam 9 428 826 inwoners (volgens die 2010-sensus), Russiese 2010-sensus wat in ’n gebied van 170 700 km2 woon. Die huidige presidensiële afgevaardigde is Aleksander Chloponin.
Demografie Sowat ’n derde van die bevolking is etniese Russe (2 854 040 of 30,26%), volgens die 2010-sensus. Die verskeidenheid ander etniese groepe is hoofsaaklik Moslems en dit maak die Noord-Kaukasus die enigste federale distrik met ’n meerderheid Moslems.
Federale deelgebiede 400px Die kaart en sleutel is in alfabetiese volgorde volgens die Russiese name # Vlag Federale gebied Groottein km2 Bevolking2010-sensus Hoofstad 1 50px|border Dagestan 50 300 2 910 249 Machatsjkala 2 50px|border Ingoesjetië 3 750 412 520 Magas 3 50px|border Kabardino-Balkarië 12 500 859 939 Naltsjik 4 50px|border Karatsjai-Tsjerkessië 14 100 477 859 Tsjerkessk 5 50px|border Noord-Ossetië-Alanië 8 000 712 980 Wladikafkaz 6 50px|border Stawropol-krai 66 500 2 786 281 Stawropol 7 50px|border Tsjetsjnië 12 300 1 268 989 Grozni
Eksterne skakels SKFO.RU – streeksinligting Noord-Kaukasiese nuusportaal
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Verwysings
Noord-Kaukasus