Die Grootpylstormvoël (Puffinus gravis) is 'n stormvoël wat algemeen voorkom aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 45 – 51 cm groot en weeg 800 - 1 100 g met 'n vlerkspan van 100 - 118 sentimeter. Die snawel is gelerig. In Engels staan die voël bekend as Great shearwater. Hulle broei op Tristan da Cunha, Gougheiland en daar is 'n klein kolonie op die Falkland-eilande.

duimnael|links|In vlug

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëls