duimnael|Die Oos-Siberiese ekonomiese streek in Rusland.

Die Oos-Siberiese ekonomiese streek (Russies: Восто́чно-Сиби́рский экономи́ческий райо́н, Wostotsjno-Sibirski ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Dit is ’n yl bevolkte gebied tussen Europa en Asië, maar danksy hoë lone is produktiwiteit hier hoog volgens Russiese standaarde.

In dié streek met sy plato's, berge en stroomgebiede is die belangrikste stede – Krasnojarsk, Irkoetsk, Oelan-Oede en Tsjita – aan die Transsiberiese Spoorlyn geleë. Een van die vertakkings verbind Oelan-Oede met Mongolië en Beijing in China. Daar is hidroëlektrisiteitstasies by Bratsk, Krasnojarsk en Irkoetsk. Steenkool, goud, grafiet, ystererts, aluminiumerts, sink en lood word in die gebied gemyn en daar word met vee geboer.

Die streek is 4 122 800 km2 groot en die bevolking is 8,5 miljoen volgens die 2002-sensus. Sowat 71 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 2/km2.

Deelgebiede Die volgende deelgebiede val in die streek: 25px|border Boerjatië 25px|border Chakassië 25px|border Irkoetsk-oblast 25px|border Krasnojarsk-krai 25px|border Tiwa 25px|border Zabaikalski-krai

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Ekonomiese streke van Rusland