duimnael|Die ekonomiese streek Noord-Kaukasus in Rusland.
Die ekonomiese streek Noord-Kaukasus (Russies: Се́веро-Кавка́зский экономи́ческий райо́н, Sewero-Kafkazski ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Dit loop afwaarts in ’n noordelike rigting van die hoofreeks van die Kaukasusgebergte tot ’n gelyk vlak en is ryk aan olie, gas en steenkool.
Die streek is 355 100 km2 groot en die bevolking is 19 miljoen volgens die 2002-sensus. Sowat 56 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 53/km2. Die grootste stede is Krasnodar, Rostof aan die Don, Grozni, Wladikafkaz en Noworossiisk. Sotsji is ’n gewilde oord.
Die belangrikste produkte van die streek is plaasmasjinerie, steenkool, petroleum en natuurlike gas. Die Koeban-rivierstreek, ’n vrugbare swartgrondgebied, verskaf ’n groot deel van Rusland se graan. Ook suikerbeet, tabak, rys en sonneblomme word geplant en daar word met beeste geboer. Ander riviere sluit in die Don, Koema en Terek, en die Wolga-Don-kanaal is ’n belangrike vervoerroete.
Deelgebiede Die volgende deelgebiede val in die streek: 25px|border Adigea 25px|border Dagestan 25px|border Ingoesjetië 25px|border Kabardino-Balkarië 25px|border Karatsjai-Tsjerkessië 25px|border Krasnodar-krai 25px|border Noord-Ossetië-Alanië 25px|border Rostof-oblast 25px|border Stawropol-krai 25px|border Tsjetsjnië
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Noord-Kaukasus