Kranskop is 'n bergkoppie reg langs die N1 in Limpopo, Suid-Afrika. In Noord-Sotho staan dit bekend as Modimolle, d.w.s. "god het geëet / verslind". Dit bestaan uit rooi sandsteen en is aan die wesgrens van die Springbokvlakte geleë, sowat 8 km noordoos van KranskoptolhekOp Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 en 3 km suid van die Nylrivier. Die kruin van die kop is 1 365 m bo seevlak en toon uit sekere oogpunte 'n ooreenkoms met 'n piramide – na bewering is dit deur die Jerusalemgangers as die ruïne van een aangesien. Sekere plaaslike Bapedi beskou dit as 'n heilige berg en hul rituele word snags teen die hange uitgevoer.Come and be a part of an organic farm in Limpopo, South Africa Die omgewing van die tolhek is na bewering onveilig weens rowers wat in die bos skuil.

Fauna en flora Die kop word aan die noorde begrens deur die grasvlaktes van die Nylvloedvlakte. Aan die kop se voet groei digte bosveld met onder meer groot maroela-, vaalboom- en rooiseringbome, en op die kruin enkele papierbome wat laatsomer pryk in geel loof. Rooijakkalse, grondeekhorings, springhase, steenbokke, duikers, vlakvarke en enkele rondswerwende koedoes word hier aangetref, benewens nonnetjie- en witkoluile.

Verwysings

Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Limpopo