Sikwane is 'n nedersetting in die Kgatlengdistrik, Botswana. Die dorpie is 'n grenspos met Suid-Afrika en is 55 km vanaf Gaborone geleë. Daar is 'n laer- en hoërskool in die dorpie. Die bevolking tel 1 585 in 2001. Die grenspos aan die Suid-Afrikaanse kant heet Derdepoort.

Kategorie:Grense van Botswana Kategorie:Nedersettings in Botswana