Incheon인천광역시 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land  Streek Sudogwon Koördinate  Stigting 1883 Oppervlakte:    - Totaal 1 062,63 vk km  Hoogte bo seevlak 15 m Bevolking:    - Totaal (2020) 2 954 955  - Bevolkingsdigtheid 2 800/vk km Tydsone UTC+9 (KST) Burgemeester Park Nam-choon Amptelike webwerf incheon.go.kr

Incheon (Koreaans: 인천, [intɕʰʌ̹n], letterlik: "vriendelike rivier"), amptelik die Metropolitaanse Stad Incheon (인천광역시), is die derde grootste stad na die hoofstad Seoel en Busan in die noorde van Suid-Korea en is in die weste van die Koreaanse Skiereiland geleë. Die stad het 'n bevolking van 2 954 955 in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 062,63 km².

duimnael|links|Kaart van Incheon in 1930 Die stad is aan die Geelsee geleë en grens in die noorde aan Noord-Korea. Dit is die belangrikste lughawestad van Suid-Korea en huisves die reuse Incheon Internasionale Lughawe, wat die hoofstad Seoel bedien. Die lughawe het 'n gholfbaan, 'n spa, private slaapkamers, ysskaatsbaan, 'n kasino, binnenshuise tuine en 'n museum van die Koreaanse kultuur. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Suid-Korea