Daegu대구광역시 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Streek Yeongnam Koördinate Stigting 757 Oppervlakte: - Totaal1 499,51 vk km Hoogte bo seevlak 106 m Bevolking: - Totaal (2022) 2 366 852 - Bevolkingsdigtheid 2 730/vk km Tydsone UTC+9 (KST) Burgemeester Kwon Young-jin Amptelike webwerf daegu.go.kr
duimnael|links|Daegu in die 18de eeu Daegu (Koreaans: 대구, [tɛ̝.ɡu], letterlik: "groot heuwel"), amptelik die Metropolitaanse Stad Daegu (대구광역시), is die vierde grootste stad na die hoofstad Seoel, Busan en Incheon in die suide van Suid-Korea en is in die suide van die Koreaanse Skiereiland geleë. Die stad het 'n bevolking van 2 366 852 in 2022 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 1 499,51 km². Daegu is die belangrikste administratiewe, politiese en ekonomiese sentrum in die suide. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Suid-Korea