Sluis (Seeus en Wes-Vlaams: Sluus) is 'n Nederlandse stad en munisipaliteit in die suidweste van die provinsie Zeeland, in die streek van Zeeuws-Vlaandere. Die munisipale gebied grens in die suide aan die Belgiese provinsie Oos-Vlaandere, in die weste aan die Belgiese provinsie Wes-Vlaandere, in die noordweste aan die Noordsee, in die noorde aan die Westerschelde en in die ooste aan die munisipaliteit Terneuzen. Die munisipale gebied het sowat 24 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 307 km². Oostburg is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
In die munisipaliteit word Seeus-Vlaams gepraat, 'n variant van die Wes-Vlaamse dialek.
Plekke duimnael|links|250px|Die geskiedkundige vuurtoring van Breskens Plekke in die munisipale gebied van Sluis: Aardenburg, Akkerput, Bakkersdam, Balhofstede, Biezen, Boerenhol, Breskens, Cadzand, Cadzand-Bad, De Munte, Draaibrug, Eede, Groede, Heille, Het Eiland, Hoofdplaat, Hoogeweg, Kapitalendam, Klein-Brabant, Koninginnehaven, Kruisdijk, Kruishoofd, Maaidijk, Marollenput, Moershoofde, Mollekot, Nieuwesluis, Nieuwland, Nieuwvliet, Nieuwvliet-Bad, Nummer Eén, Oostburg, Oostburgsche Brug, Oudeland, Plakkebord, Ponte, Ponte-Avancé, Pyramide, Retranchement, Ronduit, Roodenhoek, Sasput, Scherpbier, Schoondijke, Sint Anna ter Muiden, Sint Kruis, Slijkplaat, Slikkenburg, Sluis (stad), Smedekensbrugge, Steenhoven, Stroopuit, Terhofstede, Tragel, Turkeye, Valeiskreek, Veldzicht, Vuilpan, Waterlandkerkje, IJzendijke en Zuidzande.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Nedersettings in Zeeland Kategorie:Stede in Nederland