duimnael|regs|Buite-aansig van Stary Browar duimnael|regs|Die nuwe uitbreiding duimnael|regs|"Foto van die jaar"-uitstalling in 2011 duimnael|links|200px|Binne die winkelsentrum Stary Browar ("Ou Brouery") is 'n sake- en kultuursentrum wat op 5 November 2003 in die middestad van Poznań, Pole geopen is.

Die sentrum het in die historiese gebou van 'n voormalige brouery ontstaan wat in 1876 opgerig is en tot 1980 in gebruik was. Die oorspronklike buitekant van die brouery is grotendeels bewaar en tydens die ombou gerekonstrueer. Die sakegedeelte van Stary Browar behels sowat 100 winkels op vier verdiepings, kantore asook talle restaurante, kroeë en kafees.

Die sentrum bied daarnaas uitstallings aan en beskik oor 'n sogenaamde kunsbinneplein waar konserte, toneelopvoerings, vernissages, werkwinkels en ander kulturele aktiwiteite op die gebied van skildery, beeldhoukuns, teater, musiek, dans en film deur die Kulczyk-stigting aangebied word.

Op 11 Maart 2007 is die sentrum uitgebrei sodat die gebou se totale oppervlakte tans sowat 122 000 m² beloop. Die aantal winkels is sodoende verdubbel, en die totale boukoste het €125 miljoen beloop.

Toekennings Stary Browar se konsep wat kultuur en sake met mekaar verbind is net soos die argitektoniese ontwerp in 2005 met die International Council of Shopping Centers (ICSC) se Design and Development Award in die kategorie beste middelgroot winkelsentrum bekroon. Drie jaar later is die sentrum deur die ICSC as die mooiste winkelsentrum ter wêreld aangewys.

Verwysings

Eksterne skakels

Stary Browar – Witamy w Centrum Handlu, Sztuki i Biznesu - Amptelike webtuiste ,

Kategorie:Geboue en strukture in Pole Kategorie:Poznań