Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 (Engels: FIFA Confederations Cup) is van 14 tot 28 Junie 2009 in Suid-Afrika aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 gedien. Dit was die sesde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
duimnael|links|upright|Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle die Verenigde State met 3–2 in die eindstryd geklop het. Spanje het in die derde en die gasheer Suid-Afrika in die vierde plek geëindig.
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Rustenburg Pretoria Royal Bafokeng-stadion Loftus Versfeld Kapasiteit: 42 000 Kapasiteit: 50 000 200px 200px Bloemfontein Johannesburg Vrystaatstadion Ellispark-stadion Kapasiteit: 48 000 Kapasiteit: 60 000 200px 200px
Deelnemende spanne duimnael|400px|Spanne wat aan die FIFA Konfederasiebeker in 2009 deelgeneem het Span Konfederasie Kwalifisering Deelname CAF Gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 2de UEFA Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 1ste CONCACAF Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2007 4de CONMEBOL Wenner van die Copa América in 2007Die Suid-Amerikaanse en Europese kampioen is nie langer verplig om deel te neem nie. Bron: Persberig FIFA 2005/2006 season: final worldwide matchday to be 14 May 2006 d.d. 19 Desember 2004 6de AFC Wenner van die Asië Nasies-beker in 2007 1ste CAF Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2008 2de UEFA Wenner van die UEFA Europa-beker in 2008 1ste OFC Wenner van die Oseanië Nasies-beker in 2008 3de
Wedstrydbal duimnael|’n Replika van die Adidas Kopanya (die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 se amptelike wedstrydbal) met die tradisionele 32-paneelstruktuur. Die amptelike wedstrydbal het dieselfde struktuur en oppervlak as die Adidas Europass Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 se amptelike wedstrydbal was die Adidas Kopanya. Die naam beteken “kom bymekaar” in Suid-Sotho, een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika. Die bal se paneelstruktuur is dieselfde as by die vorige balle Teamgeist en Europass. Die bal is wit en versier met dik swart lyne asook ’n gedetailleerde tradisionele Ndebele-ontwerp in rooi, geel, groen en blou.
Formaat Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 is oor 15 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 14 Junie 2009 op die Ellispark-stadion in Johannesburg met ’n wedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Irak afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 28 Junie met die eindstryd tussen Verenigde State en Brasilië, waartydens Brasilië die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003 en 2005 ingespan.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieSo14Ma15Di16Wo17Do18Vr19Sa20So21Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunieMa22Di23Wo24Do25Vr26Sa27So28Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#c3b091| 2Legende
Groepfase Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 22 November 2008 in die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg gehou.
Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Land330080+8931112204302101–12301207–71
Groep B Land3300103+79310246–23310235–23310247–33
Uitklopfase
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2009
FIFA se terugwerkende ranglys In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2009-toernooi is soos gevolg:
RangSpanGroep 1 B 5 5 0 0 14 5 +9 15 2 B 5 2 0 3 8 9 –1 6 3 A 5 4 0 1 11 4 +7 12 4 A 5 1 1 3 4 6 −2 4 In die groepfase uitgeskakel 5 B 3 1 0 2 3 5 –2 3 6 B 3 1 0 2 3 5 –2 3 7 A 3 0 2 1 0 1 −1 2 8 A 3 0 1 2 0 7 −7 1
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Luís Fabiano 5 2 Fernando Torres 3 David Villa 3 Clint Dempsey 3 5 Kaká 2 Mohamed Zidan 2 Giuseppe Rossi 2 Daniel Güiza 2 Katlego Mphela 2 Bernard Parker 2 Landon Donovan 2 12 Homos 1 Mohamed Shawky 1 Dani Alves 1 Rang Speler Doele 12 Juan 1 Lúcio 1 Maicon 1 Felipe Melo 1 Robinho 1 Daniele De Rossi 1 Xabi Alonso 1 Cesc Fàbregas 1 Fernando Llorente 1 Jozy Altidore 1 Michael Bradley 1 Charlie Davies 1 Andrea Dossena ED duimnael|upright|Luís Fabiano
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: Brazil crowned on magical stage fifa.com: FIFA Technical Report rsssf.com: Intercontinental Cup for Nations 2009
2009 Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Sokkerkompetisies in Suid-Afrika Kategorie:Sport in 2009