Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 (Portugees: Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 30 Junie 2013 in Brasilië aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 gedien. Dit was die sewende sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die gasheer en verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Spanje met 3–0 in die eindstryd geklop het. Italië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig.

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Belo Horizonte, Minas Gerais Recife, Pernambuco Estádio Mineirão Arena Pernambuco Kapasiteit: 62 547 Kapasiteit: 44 248 200px 200px Brasília, Federale Distrik Rio de Janeiro, Rio de Janeiro Estádio Nacional Estádio do Maracanã Kapasiteit: 68 009 Kapasiteit: 76 804 200px 200px Fortaleza, Ceará Salvador, Bahia Estádio Castelão Arena Fonte Nova Kapasiteit: 64 846 Kapasiteit: 52 048 200px 200px

Deelnemende spanne duimnael|400px|Spanne wat aan die FIFA Konfederasiebeker in 2013 deelgeneem het Span Konfederasie Kwalifisering Deelname CONMEBOL Gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 7de UEFA Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 2de AFC Wenner van die Asië Nasies-beker in 2011 5de CONCACAF Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2011 6de CONMEBOL Wenner van die Copa América in 2011 2de OFC Wenner van die Oseanië Nasies-beker in 2012 1ste UEFA Naaswenner van die Europese Sokkerkampioenskap 2012 2de CAF Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2013 2de

Wedstrydbal duimnael|Adidas Cafusa, die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se amptelike wedstrydbal Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se amptelike wedstrydbal is vervaardig deur Adidas en van die Adidas Tango 12, die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se amptelike wedstrydbal, ontleen. Dit is tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se loting onthul. Die bal is genoem “Cafusa” ([kɐˈfuzɐ]) – ’n sillabiese afkorting van die Brasiliaans-Portugese woorde carnaval (“karnaval”), futebol (sokker) en samba, afgesien van die feit dat dit homofoon is met cafuza, die Portugese woord vir ’n zamba. d.w.s. ’n vrou van gemengde Amerindianse en Afrika-herkoms. Die voormalige Brasiliaanse kaptein Cafu is genooi om die bal amptelik te onthul.

Formaat Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 is oor 16 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Junie 2013 op die Estádio Nacional in Brasília met ’n wedstryd tussen die gasheer Brasilië en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estádio do Maracanã in Rio de Janeiro op 30 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Spanje, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003, 2005 en 2009 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieSa15So16Ma17Di18Wo19Do20Vr21Sa22So23Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunieMa24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So30Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#c3b091| 2Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2012 in die Anhembi-konferensiesentrum in São Paulo gehou.

Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A duimnael|Die wedstryd tussen Meksiko en Italië Land330092+7932018806310235–23300349–50

Groep B duimnael|Wedstryd tussen Spanje en Tahiti Land3300151+1493201113+86310276+133003124–230

Uitklopfase duimnael|Die halfeindstryd tussen Brasilië en Uruguay duimnael|Neymar teken die twee doel vir Brasilië in die eindstryd teen Spanje aan

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2013

FIFA se terugwerkende ranglys duimnael|Die Brasiliaanse nasionale sokkerspan nadat hulle die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2013-toernooi is soos gevolg:

RangSpanGroep 1 A 5 5 0 0 14 3 +11 15 2 B 5 3 1 1 15 4 +11 10 3 A 5 2 2 1 10 10 ±0 8 4 B 5 2 1 2 14 7 +7 7 In die groepfase uitgeskakel 5 B 3 1 0 2 7 6 +1 3 6 A 3 1 0 2 3 5 –2 3 7 A 3 0 0 3 4 9 −5 0 8 B 3 0 0 3 1 24 −23 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Fernando Torres 5 Fred 5 3 Neymar 4 Abel Hernández 4 5 David Villa 3 Edinson Cavani 3 Nnamdi Oduamadi 3 Javier Hernández 3 Luis Suárez 3 10 David Silva 2 Mario Balotelli 2 Jô 2 Shinji Okazaki 2 Paulinho 2 Jordi Alba 2 16 Nicolás Lodeiro 1 Juan Mata 1 Andrea Pirlo 1 Diego Forlán 1 Rang Speler Doele 16 Pedro 1 Emanuele Giaccherini 1 Dante 1 Sebastian Giovinco 1 Davide Astori 1 Roberto Soldado 1 Alessandro Diamanti 1 Diego Pérez 1 Keisuke Honda 1 John Obi Mikel 1 Jonathan Tehau 1 Shinji Kagawa 1 Elderson Echiéjilé 1 Daniele De Rossi 1 Diego Lugano 1 Giorgio Chiellini 1 Atsuto Uchida ED Jonathan Tehau ED Nicolas Vallar ED

Verwysings

Eksterne skakels

fifa.com: Neymar dazzles as Brazil conquer fifa.com: FIFA Technical Report

2013 Kategorie:Geskiedenis van Brasilië Kategorie:Sokkerkompetisies in Brasilië Kategorie:Sport in 2013