Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 (Duits: FIFA-Konföderationen-Pokal 2005; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 29 Junie 2005 in Duitsland aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 gedien. Dit was die vyfde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Argentinië in die eindstryd met 4–1 geklop het. Die gasheer Duitsland het in die derde en Meksiko in die vierde plek geëindig.

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Hannover Leipzig AWD-Arena(FIFA-wêreldbekerstadion, Hannover) Zentralstadion Kapasiteit: 44 700 Kapasiteit: 44 400 200px 200px Keulen Frankfurt am Main Neurenberg RheinEnergieStadion(FIFA-wêreldbekerstadion, Keulen) Waldstadion EasyCredit-Stadion(Frankenstadion) Kapasiteit: 40 600 Kapasiteit: 43 400 Kapasiteit: 42 200 200px 200px 200px

Deelnemende spanne SpanKonfederasieKwalifiseringDeelnameUEFAGasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 20062deCONMEBOLWenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 20025deCONCACAFWenner van die CONCACAF Goue-beker in 20035deCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 20041steUEFAWenner van die UEFA Europa-beker in 20041steCONMEBOLNaaswenner van die Copa América-beker in 20043deAFCWenner van die AFC Asië-beker in 20044deOFCWenner van die OFC Nasiebeker in 20043de

Formaat Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 is oor 15 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Junie 2005 op die FIFA-stadion in Keulen met ’n wedstryd tussen Argentinië en Tunisië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Waldstadion in Frankfurt am Main op 29 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Argentinië, waartydens Brasilië die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001 en 2003 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieWo15Do16Vr17Sa18So19Ma20Di21Wo22Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunieDo23Vr24Sa25So26Ma27Di28Wo29Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#c3b091| 2Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 November 2004 in Frankfurt am Main gehou.

Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A duimnael|Wedstryd tussen Argentinië en Duitsland Land321095+47321085+37310235–233003510–50

Groep B Land321031+27311153+2431114404301204–41

Uitklopfase duimnael|Die Duitser Michael Ballack se strafskop in die halfeindstryd teen Brasilië duimnael|Afskop van die eindstryd tussen Brasilië en Argentinië

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2005

FIFA se terugwerkende ranglys In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2005-toernooi is soos gevolg:

duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:

Gasheerland Duitsland RangSpanGroep 1 B 5 3 1 1 12 6 +6 10 2 A 5 2 2 1 10 10 ±0 8 3 A 5 3 1 1 15 11 +4 10 4 B 5 2 2 1 7 6 +1 8 In die groepfase uitgeskakel 5 B 3 1 1 1 4 4 ±0 4 6 A 3 1 0 2 3 5 –2 3 7 B 3 0 1 2 0 4 −4 1 8 A 3 0 0 3 5 10 −5 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Adriano 5 2 Luciano Figueroa 4 John Aloisi 4 Michael Ballack 4 5 Juan Riquelme 3 Ronaldinho 3 Lukas Podolski 3 Jared Borgetti 3 9 Robinho 2 Kevin Kurányi 2 Bastian Schweinsteiger 2 Masashi Oguro 2 Francisco Fonseca 2 Santos 2 15 Pablo Aimar 1 Rang Speler Doele 15 Esteban Cambiasso 1 Javier Saviola 1 Josip Skoko 1 Kaká 1 Juninho 1 Gerald Asamoah 1 Mike Hanke 1 Robert Huth 1 Per Mertesacker 1 Shunsuke Nakamura 1 Atsushi Yanagisawa 1 Carlos Salcido 1 Zinha 1 Haykel Guemamdia 1 duimnael|upright|Adriano

Verwysings

Eksterne skakels

fifa.com: Germany 2005: Wonderful tournament whets appetite for the main event fifa.com: FIFA Technical Report rsssf.com: Intercontinental Cup for Nations 2005

2005 Kategorie:Geskiedenis van Duitsland Kategorie:Sokkerkompetisies in Duitsland Kategorie:Sport in 2005