Natal (Engels: Colony of Natal) was 'n Britse kolonie in Suider-Afrika. Dit is op 4 Mei 1843 'n Britse kolonie verklaar nadat die Britse regering die Boererepubliek Natalia geannekseer het. Die kolonie is op 31 Mei 1910 saam met drie ander kolonies verbind om die Unie van Suid-Afrika te vorm. Die ou kolonie maak vandag deel uit van die Suid-Afrikaanse provinsie KwaZulu-Natal.
duimnael|links|Detail van 'n skildery wat die Slag van Rorke's Drift uitbeeld tydens die Anglo-Zoeloeoorlog, 11 Januarie – 4 Julie 1879 Natal was oorspronklik net die helfte van die grootte van die huidige provinsie, met die noordoostelike grense wat deur die Tugela- en Buffelsriviere gevorm is en waarbuite die onafhanklike Zoeloe-koninkryk (of Wene wa Zulu in Zoeloe) gelê het. Die huidige provinsie is ook vergroot met die toevoeging van Griekwaland-Oos aan die suide.
Hewige konflik met die Zoeloe-bevolking het tot die ontruiming van Durban gelei, en uiteindelik het die Boere die Britse anneksering in 1844 weens militêre druk aanvaar. 'n Britse goewerneur is vir die streek aangestel en menige setlaars het daarheen uit die Kaapkolonie en Europa geëmigreer.
Die Britte het 'n suikerrietbedryf in die 1860's gestig. Plaaseienaars het dit moeilik gevind om die Zoeloe-arbeiders te lok om in die plantasies te werk; gevolglik het die Britte duisende gekontrakteerde arbeiders uit Indië met vyfjaar-termyne na Natal gebring. As 'n gevolg van die aankoms van Indiese arbeid het Durban tot die grootste Asiaties-Suid-Afrikaanse gemeenskap gegroei. Durban en omstreke is ook bekend om tans die grootste Indiërgemeenskap buite Indië te huisves.
Eerste ministers # Naam Party Ampsaanvaarding Amp verlaat 1 John Robinson Onafhanklik 10 Oktober 1893 14 Februarie 1897 2 Harry Escombe Onafhanklik 15 Februarie 1897 4 Oktober 1897 3 Henry Binns Onafhanklik 5 Oktober 1897 8 Junie 1899 4 Albert Henry Hime Onafhanklik 9 Junie 1899 17 Augustus 1903 5 George Morris Sutton Onafhanklik 18 Augustus 1903 16 Mei 1905 6 Charles John Smythe Onafhanklik 16 Mei 1905 28 November 1906 7 Frederick Robert Moor Onafhanklik 28 November 1906 28 April 1910
Demografie Rasverdeling Bevolkingsgetalle volgens die 1904-sensus: Smuts I: The Sanguine Years 1870–1919, W.K. Hancock, Cambridge University Press, 1962, bl. 219 Bevolkingsgroep Getal Persent(%)Swartes 904 041 81,53Asiërs 100 918 9,10Blankes 97 109 8,75Kleurlinge 6 686 0,60Totaal 1 108 754 100,00
Bibliografie Leverton, B.J.T.: The European settlement of Natal. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 19, nr. 3, Maart 1970
Verwysings
Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Britse Ryk Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika