Hierdie artikel handel oor die Dalai Lama in die algemeen. Vir die artikel oor die huidige Dalai Lama, sien Tenzin Gyatso.

Die Dalai Lama is ’n monnik van die Gelug-skool van Tibettaanse Boeddhisme wat deur Tsongkhapa gestig is. Die Dalai Lama word beskou as die opvolger in ’n lyn van reïnkarnasies van Avalokitesvara, die bodhisattva van meelewing.Peter Popham, Relentless: The Dalai Lama's Heart of Steel [http://www.newsweek.com/2015/02/06/relentless-dalai-lama-heart-steel-302768.html Newsweek-artikel, 29 Januarie 2015 Die term is ’n kombinasie van die Mongoolse woord dalai ("oseaan") en die Tibettaanse woord bla-ma ("ghoeroe, onderwyser, mentor")."lama" uit Encyclopædia Britannica Die 1ste Dalai Lama was Gendun Drup en die 14de en huidige Dalai Lama is Tenzin Gyatso.

Van 1642 tot die 1950's (buiten 1705 tot 1750) het die Dalai Lamas of hul regente aan die hoof gestaan van die Tibettaanse regering, wat oor die grootste deel van die Tibettaanse Plato regeer het. Die Ganden Tripa is egter in naam die hoof van die Gelug-Boeddhisteskool.

Geskiedenis Karmapas Die tradisie van gereïnkarneerde ghoeroes het in die Kagyu-skool van Tibettaanse Boeddhisme ontstaan. In 1252 het Koeblai, die toekomstige Mongoolse Khagan en heerser van Yuan-China, ’n oudiënsie verleen aan Drogön Chögyal Phagpa en Karma Pakshi, 2de Karmapa Lama (1203–1283). Karma Pakshi het egter die beskerming van Möngke Khan, die destydse leier en Koeblai se politieke teenstander, gevra en die khan se hof in die Boeddhisme-leringe onderrig.

Voor sy dood in 1283 het Karma Pakshi ’n testament geskryf om die belange van sy Kagyu-volgelinge te beskerm. Hy het sy dissipels aangeraai om ’n seun te soek wat die volgende karmapa kon word. Sy opdrag is geskoei op die veronderstelling dat die dharma ewigdurend is en dat die Boeddha emanasies sou stuur om die sendings wat hy begin het, voort te sit. Karma Pakshi se dissipels het sy wense uitgevoer en die reïnkarnasie van hul meester opgespoor.

Die formalisering van dié stelsel van karmapa-reïnkarnasies deur die Kagyu-skool in die vroeë 13de eeu het daartoe gelei dat ander skole van Tibettaanse Boeddhisme dieselfde praktyk aanvaar en hul eie reïnkarnasiestelsels begin het.

Dalai Lamas duimnael|links|180px|Tenzin Gyatso, die 14de Dalai Lama. In 1546, sowat 336 jaar nadat die 2de Karmapa amptelik erken is, is Sonam Gyatso op ’n soortgelyke manier deur die Gelug-Boeddhisteskool erken as ’n reïnkarnasie van hul onderwyser Gendun Gyatso, wat op sy beurt nieamptelik in 1487 erken is as die reïnkarnasie van sy voorganger, Gendun Drup, die hoofdissipel van die Gelug-stigter, Je Tsongkhapa.Laird, Thomas (2006). The Story of Tibet: Conversations with the Dalai Lama, bl. 239. Grove Press, N.Y.

In 1578, nadat Sonam Gyatso na Mongolië genooi is en die khan en die res van sy stam tot die Boeddhisme bekeer het (die eerste Mongoolse stam wat daartoe bekeer is), het die khan die titel "Dalai Lama" aan hom toegeken – "Dalai" is die Mongoolse vertaling van sy Tibettaanse naam, Gyatso, wat "see" of "oseaan" beteken.McKay 2003, bl. 18 Binne 50 jaar het feitlik alle Mongole hulle tot die Boeddhisme bekeer, onder andere tienduisende monnike, feitlik almal volgelinge van die Gelug-skool en dus lojaal aan die Dalai Lama.Laird, Thomas (2006). The Story of Tibet: Conversations with the Dalai Lama, bl. 144. Grove Press, N.Y.

Die titel is terugwerkend toegeken aan Gendun Drup en Gendun Gyatso, omdat geglo is hulle is Sonam Gyatso se vorige inkarnasies. Hulle het dus onderskeidelik die 1ste en 2de Dalai Lama geword, hoewel nie een van hulle in hul tyd amptelik erken of bekragtig is nie.McKay 2003, bl. 19 Toe Sonam Gyatso dus in 1578 as die 3de Dalai Lama bekragtig word, is die reïnkarnasiestelsel van Dalai Lamas amptelik gevestig as ’n voortsetting van ’n ouer, hoewel informele, opvolgingstradisie.

Ná Sonam Gyatso is al die Dalai Lamas amptelik erken en seremonieel bekragtig. ’n Nuwe Dalai Lama erf ook sy voorganger se kloostertuiste, ander besittings, personeel ens.

Identifikasie met Avalokiteshvara Die geloof in Tibet en ander Sentraal-Asiatiese Boeddhistelande dat die bodhisattva van meelewing, Avalokiteshvara, ’n spesiale verhouding met die mense van Titet het en hul lot help verbeter deur te inkarneer as gunstige heersers en onderwysers soos die Dalai Lamas, het reeds in die 11de en 12de eeu posgevat, volgens geskrifte soos Die Boek van Kadam, die hoofgeskrif van die Kadampa-sekte waartoe Gendun Drub aanvanklik behoort het. Die geskrif het volgens sommige die fondament gelê vir die Tibettane se identifikasie van hul Dalai Lamas met inkarnasies van Avalokiteshvara; dit speur die legende van die bodhisattva se inkarnasies selfs verder terug, na vroeë Tibettaanse konings en keisers soos Songsten Gampo en Dromtönpa (1004–1064); meer as 60 mense voor die 1ste Dalai Lama word as inkarnasies van Avalokiteshvara beskou.

Soektog na die reïnkarnasie duimnael|Die soektog na die 14de Dalai Lama het die hoëlamas na Taktser in Amdo gelei. Ná die dood van ’n Dalai Lama en raadpleging van die Nechung-orakel begin die soektog na die Lama se yangsi, of reïnkarnasie. Dit is tradisioneel die verantwoordelikheid van die hoëlamas van die Gelug-tradisie en die Tibettaanse regering om sy reïnkarnasie op te spoor. Dit kan twee tot drie jaar duur – in die 14de Dalai Lama, Tenzin Gyatso, se geval was dit vier jaar. Die soektog is histories tot Tibet beperk, hoewel die 3de Dalai Lama in Mongolië gebore is. Tenzin Gyatso het egter verklaar hy sal nie in die Volksrepubliek China herbore word nie; hy het ook gesuggereer hy kan dalk glad nie herbore word nie, wat daarop dui dat die funksie van die Dalai Lama as verouderd beskou word. Die Chinese regering het verklaar hy wil die alleengesag wees in die opsporing van die volgende Dalai Lama.http://www.nytimes.com/2015/03/12/world/asia/chinas-tensions-with-dalai-lama-spill-into-the-afterlife.html?hp&action=click&pgtype=Homepage&module=second-column-region&region=top-news&WT.nav=top-news

Die hoëlamas gebruik verskeie maniere om die kans te vergroot om die reïnkarnasie te vind. Hulle besoek dikwels Lhamo La-tso, ’n meer in Sentraal-Tibet, en soek vir ’n teken uit die meer self. Dit kan óf ’n visioen wees óf ’n aanduiding van die rigting waarin gesoek moet word; dit is hoe Tenzin Gyatso opgespoor is. Daar is beweer Palden Lhamo, die vroulike gees van die heilige meer, het Gendun Drup, die 1ste Dalai Lama, in ’n visioen belowe sy sal die reïnkarnasielyn van die Dalai Lamas beskerm.

duimnael|links|150px|Die 14de Dalai Lama as ’n seuntjie. Dit is hier waar die Reting Rinpoche in 1935 ’n duidelike visioen gekry het van drie Tibettaanse letters, ’n klooster met ’n liggroen-en-goue dak en ’n huis met turkoois dakteëls, en dit het gelei tot die opsporing van Tenzin Gyatso.Laird (2006), bl. 139.Norbu & Turnbull (1968), bl. 228–230. Reprint: bl. 311.Hilton, Isabel. (1999). The Search for the Panchen Lama. Viking Books. Reprint: Penguin Books. (2000), bl. 42. .

Hoëlamas kan ook ’n visioen in ’n droom kry of as die Dalai Lama veras word, kan die rigting waarin die rook trek ’n aanduiding wees van waar om te soek.

Wanneer die hoëlamas die huis en seun kry wat hulle glo die reïnkarnasie is, moet die seun ’n klomp toetse aflê om die hergeboorte te bevestig. Een daarvan is om vir hom ’n klomp artefakte te wys waarvan net sommiges aan die vorige Dalai Lama behoort het; die seun moet dan die regte voorwerpe kies.

As daar net een seun gevind word, sal die hoëlamas lewende boeddhas van die drie groot kloosters en ander amptenare nooi om die bevindings te bevestig, en aan die sentrale regering verslag doen. Die seun sal dan na Lhasa geneem word, gewoonlik na die Drepung-klooster, om die Boeddhistiese soetras te bestudeer as voorbereiding vir sy rol as die spirituele leier van Tibet.

As daar verskeie moontlike reïnkarnasies is en dit moeilik is om een te kies, sal belangrike amptenare, monnike en die minister vir Tibet die seuns se name in ’n vaas sit en ’n naam sal in die openbaar getrek word.

Lys van Dalai Lamas Daar was reeds 14 erkende inkarnasies van die Dalai Lama: Naam Foto Lewe Erken Bekragtig Tibettaans Sjinees/ Tibettaanse pinyinAlternatiewe spellings 1 Gendun Drup 60px 1391–1474 དགེ་འདུན་འགྲུབ་dge 'dun 'grub 根敦朱巴 Gêdün Chub Gedun DrubGedün Drup 2 Gendun Gyatso 60px 1475–1542 དགེ་འདུན་རྒྱ་མཚོ་dge 'dun rgya mtsho 根敦嘉措 Gêdün Gyaco Gedün GyatsoGendün Gyatso 3 Sonam Gyatso 60px 1543–1588 1546 1578 བསོད་ནམས་རྒྱ་མཚོ་bsod nams rgya mtsho 索南嘉措 Soinam Gyaco Sönam Gyatso 4 Yonten Gyatso 60px 1589–1617 1601 1603 ཡོན་ཏན་རྒྱ་མཚོ་yon tan rgya mtsho 雲丹嘉措 Yoindain Gyaco Yontan Gyatso, Yönden Gyatso 5 Ngawang Lobsang Gyatso 60px 1617–1682 1618 1622 བློ་བཟང་རྒྱ་མཚོ་blo bzang rgya mtsho 羅桑嘉措 Lobsang Gyaco Lobzang GyatsoLopsang Gyatso 6 Tsangyang Gyatso 60px 1683–1706 1688 1697 ཚངས་དབྱངས་རྒྱ་མཚོ་tshang dbyangs rgya mtsho 倉央嘉措 Cangyang Gyaco Tsañyang Gyatso 7 Kelzang Gyatso 60px 1707–1757 1712 1720 བསྐལ་བཟང་རྒྱ་མཚོ་bskal bzang rgya mtsho 格桑嘉措 Gaisang Gyaco Kelsang GyatsoKalsang Gyatso 8 Jamphel Gyatso 60px 1758–1804 1760 1762 བྱམས་སྤེལ་རྒྱ་མཚོ་byams spel rgya mtsho 強白嘉措 Qambê Gyaco Jampel GyatsoJampal Gyatso 9 Lungtok Gyatso 60px 1805–1815 1807 1808 ལུང་རྟོགས་རྒྱ་མཚོ་lung rtogs rgya mtsho 隆朵嘉措 Lungdog Gyaco Lungtog Gyatso 10 Tsultrim Gyatso 1816–1837 1822 1822 ཚུལ་ཁྲིམས་རྒྱ་མཚོ་tshul khrim rgya mtsho 楚臣嘉措 Cüchim Gyaco Tshültrim Gyatso 11 Khendrup Gyatso 1838–1856 1841 1842 མཁས་གྲུབ་རྒྱ་མཚོ་mkhas grub rgya mtsho 凱珠嘉措 Kaichub Gyaco Kedrub Gyatso 12 Trinley Gyatso 60px 1857–1875 1858 1860 འཕྲིན་ལས་རྒྱ་མཚོ་'phrin las rgya mtsho 成烈嘉措 Chinlai Gyaco Trinle Gyatso 13 Thubten Gyatso 60px 1876–1933 1878 1879 ཐུབ་བསྟན་རྒྱ་མཚོ་thub bstan rgya mtsho 土登嘉措 Tubdain Gyaco Thubtan GyatsoThupten Gyatso 14 Tenzin Gyatso 60px geb. 1935 1939 1940(tans in ballingskap) བསྟན་འཛིན་རྒྱ་མཚོ་bstan 'dzin rgya mtsho 丹增嘉措 Dainzin Gyaco Tenzin Gyatso

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia