Bronisław Maria Komorowski (Pools: [brɔˈɲiswaf kɔmɔˈrɔfskʲi] ; * 4 Junie 1952 in Oborniki Śląskie)https://katalog.bip.ipn.gov.pl/informacje/13660 is 'n Poolse politikus het vanaf 2010 tot 2015 as president van Pole gedien. Tussen 2007 en 2010 het hy die amp van maarskalk van die Poolse parlement (Sejm) beklee. Tot 2010 was hy lid van die party Burgerplatform (Platforma Obywatelska) en het tussen 2000 en 2001 as minister van verdediging gedien.

Nadat die Poolse staatspresident Lech Kaczyński op 10 April 2010 in 'n vliegtuigongeluk naby die Russiese stad Smolensk gesterf het, het Komorowski as president van die parlement - volgens die Poolse grondwet die tweede hoogste amp in die staat - tydelik die amp van staatshoof waargeneem. As kandidaat van die Burgerplatform het Komorowski in die presidensiële verkiesing van 2010 gestaan met 41,22 persent die meeste stemme op hom verenig, maar geen algehele meerderheid behaal nie. Hy het dus in 'n tweede rondte teen Jarosław Kaczyński gestaan, Lech Kaczyński se tweeling en kandidaat van die nasionaal-konserwatiewe party Prawo i Sprawiedliwość ("Reg en Geregtigheid"), wat in die eerste rondte van die verkiesing tweede gekom het. Komorowski is uiteindelik met 'n algehele meerderheid van die uitgebragte stemme as nuwe president van Pole verkies en het die ampseed op 6 Augustus 2010 afgeleë.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste van Bronisław Komorowski Amptelike webtuiste van die Sejmmaarskalk

Kategorie:Presidente van Pole Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Poolse geskiedkundiges