Żywiołak is 'n Poolse folkmusiekgroep wat elemente van Slawiese folk- en psigedeliese musiek, punk, rockmetal, akoestiese transtechnomusiek, drum 'n' bass, dub, chillout en ambient-musiek met die klanke van antieke en moderne musiekinstrumente, argaïese en hedendaagse stemtegnieke kombineer.

In April 2006 is Żywiołak met die Grand Prix van die Poolse Uitsaaikorporasie se New Tradition-folkmusiekfees bekroon. Żywiołak was een van dertien Poolse finaliste vir die Eurovision-sangfees in 2008. Hul lied, Noc Kupały, is egter gediskwalifiseer aangesien dit reeds voor 1 Oktober 2007 gepubliseer is – 'n oortreding van die sangfees se reëls.

Diskografie Muzyka psychodelicznej świtezianki (EP, 2007) Nowa Ex-Tradycja (2008)Persmededeling op Karrot se webtuiste Nowa Mix-Tradycja (2010) Globalna wiocha (2011) Muzyka psychoaktywnego stolema (2016) Pieśni pół/nocy (2017) ''Wendzki Sznyt (2019)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste Żywiołak op myspace.com

Kategorie:Poolse musiekgroepe