SuperSport United Football Club (dikwels net SuperSport genoem) was ’n Suid-Afrikaanse professionele sokkerklub wat in Atteridgeville in Pretoria gesetel was. Die span het in die Premiersokkerliga gespeel tot en met hul verkoop aan Siwelele ná die einde van die 2024/25-seisoen.
Onder ondersteuners was United bekend as Matsatsantsa ya Pitori. Hul tuiswedstryde is gewoonlik in die Lucas Moripe-stadion in Atteridgeville gespeel.
Die klub het oorspronklik bekend gestaan as Pretoria Stad. Die klub is in 1994 deur M-Net gekoop waarna toestemming verkry is om die klub te hernoem.
Verwysings
Kategorie:Sport in Pretoria Kategorie:Suid-Afrikaanse sokkerklubs