Die 21ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Russies: Чемпионат мира по футболу FIFA 2018, Tsjempionat mira po foetboloe FIFA 2018, [tɕɪmʲpʲɪɐˈnat ˈmʲirə pə fʊdˈboɫʊ ˈfiːfə dvʲɪˈtɨsʲɪtɕɪ vəsʲɪmˈnatsətʲ]; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 14 Junie tot 15 Julie 2018 in Rusland aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Rusland aangebied is en die elfde in Europa; net die stad Jekaterinburg met die Sentrale Stadion is in die Asiatiese deel van dié land (Noord-Asië en Siberië) geleë, waarmee die toernooi vir die eerste keer op twee vastelande gehuisves is: Asië en Europa. Ná die Olimpiese Winterspele 2014 in Sotsji was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 die tweede groot sportkompetisie in Rusland. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 het as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is 32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Frankryk het die trofee gewen nadat hulle Kroasië op 15 Julie in die Loezjnikistadion van Moskou, die Olimpiese stadion van die Olimpiese Somerspele 1980, met 4–2 geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Frankryk sou regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 gekwalifiseer het, maar dié toernooi is later deur FIFA geskrap. Gunstelinge vir die wêreldbekertitel voor die afskop van die toernooi was Brasilië, Duitsland, Frankryk en Spanje. Die verdedigende kampioen Duitsland is reeds in die groepfase uitgeskakel; dieselfde lot wat voorheen Brasilië in 1966, Frankryk in 2002, Italië in 2010 en Spanje in 2014 toegeval het, maar vir Duitsland was dit die eerste keer wat hulle nie na die uitklopfase kon deurdring nie. Dit is die vierde agtereenvolgende Sokker-Wêreldbekertoernooi wat deur 'n Europese nasionale sokkerspan gewen is, ná Italië in 2006, Spanje in 2010 en Duitsland in 2014.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspanne van Panama en Ysland het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysing duimnael|links|Die Russiese reëlingskomitee vier die toekenning van die Sokker-Wêreldbekertoernooi 2018 aan Rusland duimnael|400px| duimnael|Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 in Moskou se Loezjnikistadion FIFA het op 19 Desember 2008 in Tokio beslis dat die toernooie van 2018 en 2022 gesamentlik toegewys sou word. Volgens FIFA se beleid mag net al om die drie toernooi deur dieselfde vastelandse vereniging gehou word. Lande van CAF was dus onverkiesbaar vir 2018, omdat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aan Suid-Afrika toegewys is; lande van CONMEBOL was onverkiesbaar vir 2018 én 2022, omdat die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 aan Brasilië toegewys is.

Rusland is op 2 Desember 2010 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018. Ander kandidaatlande was Engeland, ’n gesamentlike kandidatuur deur Nederland en België, asook Spanje en Portugal. Gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aan Katar toegewys.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 Land Rondte 1 Rondte 2 9 13 en 7 7 en 4 2 2 –

Kwalifisering Die gasheer Rusland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en CONCACAF, asook tussen OFC (Oseanië) en CONMEBOL beslis.

Die kontinentale kwalifiseringswedstryde is tussen 12 Maart 2015 en 15 November 2017 beslis. Noemenswaardige lande wat nie gekwalifiseer het nie sluit in die viermalige wêreldbekerwenner Italië en die derde plek van 2014, Nederland. Vier verdedigende kontinentale kampioene kon ook nie kwalifiseer nie: die Afrikanasiesbeker 2017-wenner Kameroen, die tweemalige Copa América- en FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017-naaswenner Chili, die Oseanië Nasiesbeker 2016-wenner Nieu-Seeland en die CONCACAF se Gouebeker 2017-wenner die Verenigde State. Vir die eerste keer het drie Skandinawiese lande (Denemarke, Swede en Ysland) en vier Arabiese lande (Egipte, Marokko, Saoedi-Arabië en Tunisië) aan dieselfde Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Kwalifiserende spanne Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie17de122014Kampioen (1978, 1986)5de42014Agtste eindrondte (2006)13de22014Vierde plek (1986)21ste212014Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)6de22014Kwarteindrondte (2014)5de22014Kwarteindrondte (2014)5de12010Kwarteindrondte (1998)19de172014Kampioen (1954, 1974, 1990, 2014)3de11990Agtste eindrondte (1934)15de62014Kampioen (1966)15de62014Kampioen (1998)5de22014Groepfase (1978, 1998, 2006, 2014)6de62014Agtste eindrondte (2002, 2010)5de22014Derde plek (1998)5de11998Agtste eindrondte (1986)16de72014Kwarteindrondte (1970, 1986)6de32014Agtste eindrondte (1994, 1998, 2014)1ste1–Debuut5de11982Kwarteindrondte (1970)8ste12006Derde plek (1974, 1982)7de52014Derde plek (1966)11de22014Vierde plek (1966)5de12006Agtste eindrondte (1994)2de12002Kwarteindrondte (2002)12de12010Vierde plek (1930, 1962)15de112014Kampioen (2010)10de92014Vierde plek (2002)12de12006Naaswenner (1958)11de42014Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)5de12006Groepfase (1978, 1998, 2002, 2006)13de32014Kampioen (1930, 1950)1ste1–Debuut

Stadions Rusland het die volgende gasheerstede voorgestel: Jaroslawl, Jekaterinburg, Kaliningrad, Kazan, Krasnodar, Moskou, Nizjni Nowgorod, Rostof aan die Don, Samara, Saransk, Sint Petersburg, Sotsji en Wolgograd.

Moskou Sint Petersburg Sotsji Loezjnikistadion Otkritije-arena(Spartakstadion) Krestofskistadion(Sint Petersburg-stadion) Fisht- Olimpiese Stadion(Fishtstadion) Kapasiteit: 78 011 Kapasiteit: 44 190 Kapasiteit: 64 468 Kapasiteit: 44 287 200px 200px 200px 200px Samara Kazan Kosmosarena(Samara-arena) Kazanarena Kapasiteit: 41 970 Kapasiteit: 42 873 200px 200px Rostof aan die Don Wolgograd Rostofarena Wolgogradarena Kapasiteit: 43 472 Kapasiteit: 43 713 200px 200px Nizjni Nowgorod Saransk Jekaterinburg Kaliningrad Nizjni Nowgorod-stadion Mordowië-arena Sentrale Stadion(Jekaterinburgarena) Kaliningradstadion Kapasiteit: 43 319 Kapasiteit: 41 685 Kapasiteit: 33 061 Kapasiteit: 33 973 200px 200px 200px 200px

Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 is oor 32 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 14 Junie 2018 op die Loezjnikistadion in Moskou met ’n wedstryd tussen die gasheer Rusland en Saoedi-Arabië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 15 Julie met die eindstryd tussen Frankryk en Kroasië, waartydens Frankryk die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 2006, 2010 en 2014 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieDo14Vr15Sa16So17Ma18Di19Wo20Do21Vr22Sa23So24Ma25Di26Wo27Do28Vr29Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep D

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep E

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep F

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep G

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep H

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |UitklopfaseJunie/JulieSa30So1Ma2Di3Wo4Do5Vr6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14So15Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2017 in die Moskouse Kremlin gehou.

Groepfase 32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A duimnael|Wedstryd tussen Egipte en Uruguay Land330050+59320184+46310227–53300326–40

Groep B duimnael|Wedstryd tussen Iran en Spanje Land312065+15312054+15311122±04301224–21

Groep C duimnael|Wedstryd tussen Australië en Peru Land321031+27312021+15310222±03301225–31

Groep D duimnael|Wedstryd tussen Ysland en Kroasië Land330071+69311135–24310234–13301225–31

Groep E duimnael|Wedstryd tussen Brasilië en Costa Rica Land321051+47312054+15310224–23301225–31

Groep F duimnael|Wedstryd tussen Duitsland en Meksiko Land320152+36320134–16310233±03310224–23

Groep G duimnael|Wedstryd tussen België en Tunisië Land330092+79320183+56310258–333003211–90

Groep H duimnael|Wedstryd tussen Colombia en Japan Land320152+36311144±04311144±04310225–33