Die 22ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Arabies: كَأسُ اَلعَالَمِ 2022, Kaʾsu al-ʿālami 2022; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 20 November tot 18 Desember 2022 in Katar beslis. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi in die Midde-Ooste en die eerste in Asië sedert 2002 in Japan en Suid-Korea. Dit was ook die eerste groot sporttoernooi in Katar, die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi in die Arabiese wêreld en ’n land met ’n Islamitiese bevolkingsmeerderheid, nadat Marokko al vyf keer vir dié toernooi aansoek gedoen het (in 1994, 1998, 2006, 2010 en 2026), asook Egipte, Libië en Tunisië vir 2010. Weens die groot somerhitte in Katar is in Maart 2015 daarop besluit om die toernooi op 20 November te laat begin en die eindstryd is op 18 Desember, Katar se nasionale dag, beslis. Dit was die eerste keer wat ’n Sokker-Wêreldbeker aan die einde van die jaar aangebied is. Die toernooi het dus 29 dae geduur, minder as ’n maand en vier dae langer as die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 sou as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien het, maar dié toernooi is deur FIFA geskrap.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is 32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Argentinië het die trofee gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Frankryk op 18 Desember in die Lusail Ikoniese Stadion geklop en sodoende hul derde wêreldbekertitel ingepalm het. Die eindtelling was Argentinië 3 – Frankryk 3, maar Argentinië het met 4–2 ná strafdoele gewen. Dit was die laaste toernooi met die aantal van 32 nasionale sokkerspanne; vir die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 in Noord-Amerika sal die aantal tot 48 vermeerder word.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en het dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspan van die gasheer Katar het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Die verdedigende kampioen was Frankryk, nadat hulle die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gewen het.

Toewysing duimnael|links|’n Qatar Airways Boeing 777-3DZER adverteer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 duimnael|400px| duimnael|Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 in Al Khor se Al Bayt-stadion FIFA het op 19 Desember 2008 in Tokio beslis dat die toernooie van 2018 en 2022 gesamentlik toegewys sou word. Volgens FIFA se beleid mag net al om die drie toernooi deur dieselfde vastelandse vereniging gehou word. Lande van CAF was dus onverkiesbaar vir 2018, omdat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aan Suid-Afrika toegewys is; lande van CONMEBOL was onverkiesbaar vir 2018 én 2022, omdat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 aan Brasilië toegewys is.

Katar is op 2 Desember 2010 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022. Ander kandidaatlande was Australië, Japan, Suid-Korea en die Verenigde State. Gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 aan Rusland toegewys.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4 11 10 11 14 3 5 6 8 4 5 5 – 3 2 – – 1 – – –

Kontroversie oor aanbieding deur Katar duimnael|’n Spotprent oor die uitbuiting van arbeiders voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 Sedert die bod gemaak is, is as gevolg van die warm klimaat in Katar kommer uitgespreek oor die hou van die byeenkoms gedurende die tradisionele maande vir die Wêreldbekertoernooi van Junie en Julie. In Oktober 2013 is ’n taakspan die opdrag gegee om alternatiewe datums te ondersoek en verslag te doen daaroor na die 2014-sokkertoernooi in Brasilië. Die gasheer Katar ontvang ook fel kritiek as gevolg van die manier waarop baie van die konstruksie-projekte verloop; honderde werkers het gesterf sedert die toernooi toegeken is aan Katar in 2010. Verder is beskuldigings van korrupsie en omkopery gemaak met betrekking tot hoe Katar die reg om die geleentheid aan te bied bekom het. FIFA is besig met ’n voortgesette ondersoek na dié bewerings, en daar was ook al oproepe om die Sokker-Wêreldbekertoernooi na ’n ander land te verskuif.

Kwalifisering Die gasheer Katar het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vyf vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen CAF en CONCACAF, asook tussen OFC (Oseanië) en CONMEBOL beslis.

Die kontinentale kwalifiseringswedstryde is tussen 6 Junie 2019 en 5 Junie 2022 beslis. Weens die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is Rusland deur beide FIFA en UEFA geskors. Noemenswaardige lande wat nie gekwalifiseer het nie sluit in die viermalige wêreldbeker- en verdedigende UEFA Europa-bekerwenner Italië, die tweemalige Copa América-wenner Chili en die Oseanië Nasiesbeker 2016-wenner Nieu-Seeland.

Kwalifiserende spanne Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie18de132018Kampioen (1978, 1986)6de52018Agtste eindrondte (2006)14de32018Derde plek (2018)22ste222018Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)6de32018Kwarteindrondte (2014)6de22018Kwarteindrondte (1998)20ste182018Kampioen (1954, 1974, 1990, 2014)4de12014Agtste eindrondte (2006)16de72018Kampioen (1966)16de72018Kampioen (1998, 2018)4de12014Kwarteindrondte (2010)6de32018Groepfase (1978, 1998, 2006, 2014, 2018)7de72018Agtste eindrondte (2002, 2010, 2018)8ste12014Kwarteindrondte (1990)2de11986Groepfase (1986)1ste1–Debuut6de32018Naaswenner (2018)6de22018Agtste eindrondte (1986)17de82018Kwarteindrondte (1970, 1986)11de12014Naaswenner (1974, 1978, 2010)9de22018Derde plek (1974, 1982)8ste62018Derde plek (1966)6de22018Agtste eindrondte (1994)3de22018Kwarteindrondte (2002)13de22018Vierde plek (1930, 1962)16de122018Kampioen (2010)11de102018Vierde plek (2002)12de52018Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)6de22018Groepfase (1978, 1998, 2002, 2006, 2018)14de42018Kampioen (1930, 1950)11de12014Derde plek (1930)2de11958Kwarteindrondte (1958)

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Doha Khalifa Internasionale Stadion Education City-stadion Stadion 974 Al Thumama-stadion Kapasiteit: 40 000(opgegradeer) Kapasiteit: 45 350 Kapasiteit: 40 000 </small> Kapasiteit: 40 000 </small> 200px 200px 200px Al Khor Al Wakrah Al Bayt-stadion Al Janoub-stadion Kapasiteit: 60 000 </small> Kapasiteit: 40 000' </small> 200px 200px Al Rayyan Lusail Ahmad bin Ali-stadion Lusail Ikoniese Stadion Kapasiteit: 44 740 </small> Kapasiteit: 80 000 200px 200px

Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 is oor 29 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 20 November 2022 op die Al Bayt-stadion in Al Khor met ’n wedstryd tussen die gasheer Katar en Ecuador afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Lusail Ikoniese Stadion in Lusail op 18 Desember met die eindstryd tussen Argentinië en Frankryk, waartydens Argentinië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 2006, 2010, 2014 en 2018 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseNovember/DesemberSo20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Di29Wo30Do1Vr2Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep D

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep E

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep F

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep G

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2Groep H

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseDesemberSa3So4Ma5Di6Wo7Do8Vr9Sa10So11Ma12Di13Wo14Do15Vr16Sa17So18Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 April 2022 in die Uitstallings- en Konferensiesentrum in Doha gehou. Op 10 August het FIFA ’n aansoek deur Katar ontvang om Katar se openingswedstryd teen Ecuador na 20 November te herskeduleer, een dag vroeër as oorspronklik beplan. Twee dae later is die verskuiwing van Katar se openingswedstryd amptelik goedgekeur deur FIFA.

Groepfase 32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A duimnael|Wedstryd tussen Katar en Ecuador Land321051+47320154+16311143+14300317–60

Groep B duimnael|Wedstryd tussen die Verenigde State en Wallis Land321092+77312021+15310247–33301216–51

Groep C duimnael|Wedstryd tussen Argentinië en Meksiko Land320152+36311122±04311123–14310235–23

Groep D