Die 15de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: World Cup ’94) is vanaf 17 Junie tot 17 Julie 1994 in die Verenigde State aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in die Verenigde State aangebied is en die derde in Noord-Amerika. Dié toernooi was die finansieel suksesvolste in die Sokker-Wêreldbekertoernooi-geskiedenis; dit het die gemiddelde bywoningsrekord met amper 69 000 toeskouers per wedstryd gebreek, ’n rekord wat nog steeds geldig is.
duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is 24 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 deelgeneem. Die spanne is in ses groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die vier beste derde plek spanne na die agtste eindrondte deurgedring het. Brasilië het die trofee gewen nadat Roberto Baggio van Italië die laaste strafskop in die eindstryd van Pasadena naby Los Angeles, Kalifornië, misgeskop en sodoende hul vierde wêreldbekertitel ingepalm het, die eerste nasie wat daarin geslaag het. Dit was die eerste eindstryd van ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi wat deur strafskoppe beslis is. Met die verowering van die wêreldbekertitel het Brasilië regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 in Saoedi-Arabië gekwalifiseer. Swede het in die derde en Bulgarye in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Duitsland is in die kwarteindrondte uitgeskakel, terwyl die gasheer die Verenigde State die agtste eindrondte gehaal het.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en het dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspanne van Griekeland, Nigerië en Saoedi-Arabië het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. As gevolg van die Ontbinding van die Sowjetunie in 1991 het Rusland ook vir die eerste keer aan die toernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi met die aantal van 24 nasionale sokkerspanne; vir die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 in Frankryk is die aantal na 32 verhoog.
Toewysing Die Verenigde State is op 4 Julie 1988 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994. Ander kandidaatlande was Brasilië en Marokko.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 Land Rondte 1 10 7 2
Kwalifisering Die gasheer die Verenigde State en die verdedigende kampioen Duitsland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 gekwalifiseer. Van die 22 oorblywende plekke is twaalf vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CAF (Afrika), drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika), twee vir AFC (Asië) en een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Net een plek is tydens twee uitspeelwedstryde tussen CONCACAF en OFC (Oseanië) en aansluitend tussen die seëvierende span en CONMEBOL beslis.
Kwalifiserende spanne Die volgende 24 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie11de61990Kampioen (1978, 1986)9de41990Vierde plek (1986)3de11950Groepfase (1930, 1950)15de151990Kampioen (1958, 1962, 1970)6de11986Agtste eindrondte (1986)3de21990Agtste eindrondte (1990)13de111990Kampioen (1954, 1974, 1990)1ste1–Debuut2de21990Kwarteindrondte (1990)13de91990Kampioen (1934, 1938, 1982)3de21990Kwarteindrondte (1990)3de11986Agtste eindrondte (1986)10de11986Kwarteindrondte (1970, 1986)6de21990Naaswenner (1974, 1978)1ste1–Debuut2de11938Agtste eindrondte (1938)6de21990Agtste eindrondte (1934, 1938, 1990)8ste41990Vierde plek (1966)1ste1–Debuut9de51990Vierde plek (1950)4de31990Groepfase (1954, 1986, 1990)9de21990Naaswenner (1958)7de11966Kwarteindrondte (1934, 1938, 1958)5de21990Derde plek (1930)
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Pasadena, Kalifornië (Los Angeles, Kalifornië) Pontiac, Michigan(Detroit, Michigan) Stanford, Kalifornië(San Francisco, Kalifornië) East Rutherford, New Jersey(New York Stad) Rose Bowl Pontiac Silverdome Stanford-stadion Giants-stadion Kapasiteit: 91 794 Kapasiteit: 77 557 Kapasiteit: 80 906 Kapasiteit: 75 338 200px 200px 200px 200px Orlando, Florida Citrus Bowl Kapasiteit: 61 219 200px Chicago, Illinois Dallas, Texas Foxborough, Massachusetts(Boston, Massachusetts) Washington, D.C. Soldier Field Cotton Bowl Foxboro-stadion RFK-stadion Kapasiteit: 63 117 Kapasiteit: 63 998 Kapasiteit: 53 644 Kapasiteit: 53 142 200px 200px 200px 200px
Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 is oor 31 dae tussen 24 verskillende nasies oor 52 wedstryde uitgespeel. Dit het op 17 Junie 1994 op die Soldier Field in Chicago met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Duitsland en Bolivië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Rose Bowl in Pasadena op 17 Julie met die eindstryd tussen Brasilië en Italië, waartydens Brasilië die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1986 en 1990 ingespan.
Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunie/JulieVr17Sa18So19Ma20Di21Wo22Do23Vr24Sa25So26Ma27Di28Wo29Do30Vr1Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep B
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep C | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep D
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep E | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep F
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | |UitklopfaseJulieSa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Sa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende
Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 is deur 24 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 24 deelnemende spanne in ses groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne en die vier beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die vier beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 19 Desember 1993 in die Konferensiesentrum in Las Vegas gehou.
Groepfase 24 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep en die vier beste spanne van die ses derde plekke het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Land320155±06311154+14311133±04310245–13
Groep B Land321061+57312064+25310276+133012311–81
Groep C Land321053+27312064+25302145–12301214–31
Groep D Land320162+46320163+36320163+363003010–100
Groep E duimnael|Die Giants-stadion net voor die wedstryd tussen Italië en Noorweë Land311133±04311122±04311122±04311111±04
Groep F Land320143+16320143+16320121+16300325–30
Ranglys van die derde plek spanne LandGroepD320163+36F320121+16A311133±04E311122±04B310276+13C302145–12
Uitklopfase duimnael|Die agtste eindstryd tussen Nederland en Ierland duimnael|Die Duitser Lothar Matthäus se strafskop teen Bulgarye in die kwarteindstryd
Agtste eindrondte
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Sokkerwêreldkampioen 1994
FIFA se ranglys Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1994-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Verenigde State RangSpanGroepe 1 B 7 5 2 0 11 3 +8 17 2 E 7 4 2 1 8 5 +3 14 3 B 7 3 3 1 15 8 +7 12 4 D 7 3 1 3 10 11 −1 10 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 C 5 3 1 1 9 7 +2 10 6 A 5 3 1 1 10 9 +1 10 7 F 5 3 0 2 8 6 +2 9 8 C 5 2 2 1 10 6 +4 8 In die agtste eindrondte uitgeskakel 9 D 4 2 0 2 7 4 +3 6 10 D 4 2 0 2 8 6 +2 6 11 F 4 2 0 2 4 4 ±0 6 12 F 4 2 0 2 5 6 −1 6 13 E 4 1 2 1 4 4 ±0 5 14 A 4 1 1 2 3 4 −1 4 15 A 4 1 1 2 5 7 −2 4 16 E 4 1 1 2 2 4 −2 4 In die groepfase uitgeskakel 17 E 3 1 1 1 1 1 ±0 4 18 B 3 1 0 2 7 6 +1 3 19 A 3 1 0 2 4 5 −1 3 20 C 3 0 2 1 4 5 −1 2 21 C 3 0 1 2 1 4 −3 1 22 B 3 0 1 2 3 11 −8 1 23 F 3 0 0 3 2 5 −3 0 24 D 3 0 0 3 0 10 −10 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Oleg Salenko 6 Hristo Stoitsjkof 6 3 Kennet Andersson 5 Roberto Baggio 5 Jürgen Klinsmann 5 Romário 5 7 Gabriel Batistuta 4 Martin Dahlin 4 Florin Răducioiu 4 10 Bebeto 3 Dennis Bergkamp 3 José Luis Caminero 3 Tomas Brolin 3 Gheorghe Hagi 3 Rang Speler Doele 15 Philippe Albert 2 Amin 2 Daniel Amokachi 2 Emmanuel Amuneke 2 Dino Baggio 2 Claudio Caniggia 2 Ilie Dumitrescu 2 Luis García Postigo 2 Ion Andoni Goikoetxea 2 Wim Jonk 2 Adrian Knup 2 Yordan Letchkof 2 Hong Myung-bo 2 Adolfo Valencia 2 Rudi Völler 2
Sien ook FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026, saam met Kanada en Meksiko
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
fifa.com: USA 1994: Brazil, the shoot-out kings worldcup-history.com: United States, 1994 rsssf.com: World Cup 1994
Kategorie:Sokkerkompetisies in die Verenigde State van Amerika 1994 Kategorie:Sport in 1994