duimnael|links|'n Sokkerwedstryd tussen Italië en Nieu-Seeland, 2010 FIFA Wêreldbeker. Mbombela-stadion is 'n 43 500-sitplek stadion en was een van die tien stadions wat tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 vir wedstryde gebruik is. Dit is ses kilometers wes van Nelspruit in Mpumalanga, Suid-Afrika geleë.
Die stadion is na die stad vernoem, wie se amptelike naam deur die Suid-Afrikaanse regering in Oktober 2009 in Mbombela verander is. Maar FIFA se 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi-webwerf het na die stad as Nelspruit verwys.
Die stadion is die middelpunt van 'n voorgestelde wyer sportsgebied met atletiek en krieket sowel as ander sportsoorte.
Die R1 050 miljoen se sportfasiliteite was gereed vir gebruik voor begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie 2010. Die stadion is moontlik gemaak deur befondsing van belastingbetalers.
Rugby by die Stadion Die Pumas is die vernaamste rugbyhuurders. Hulle speel al hul Curriebeker-wedstryde by die stadion, terwyl die meeste Vodacombeker- wedstryde by die Puma-stadion gespeel word.
Die stadion het sy eerste rugbywedstryd op 27 Augustus 2010 gehou. Die Pumas was gasheer vir die Blou Bulle in 'n 2010 Curriebeker-wedstryd. Pumas het met 22–21 gewen, terwyl hulle rustyd 10–11 agter was.
Die Pumas het weer van die stadion gebruik gemaak toe hulle die Westelike Provinsie op 17 September 2010 ontvang het. Die Westelike Provinsie het die wedstryd met 62–10 gewen.
Die land se nasionale span, die Springbokke, het op 15 Junie 2013 hul eerste wedstryd in die stadion teen Skotland gespeel.
Suid-Afrika het Wallis op 21 Junie 2014 by die stadion in die tweede toets van Wallis se 2014 Suid-Afrikaanse toer ontvang. Die Springbokke het die wedstryd 31–30 gewen.
Die Bokke het op 20 Augustus 2016 in die stadion teen Argentinië te staan gekom. Die Springbokke het met 30-23 gewen.
Die eerste keer dat die All Blacks teen die Bokke in die Mbombela-stadion sou speel, was vir 26 September 2020 geskeduleer, maar die wedstryd is weens die COVID-19-pandemie gekanselleer. Die herskeduleerde wedstryd het op 6 Augustus 2022 plaasgevind, met Suid-Afrika wat 26-10 gewen het.
Wedstryde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers16 Junie 201013:300–1Groep H32 66420 Junie 201016:001–1Groep F38 22923 Junie 201020:302–1Groep D37 83625 Junie 201016:000–3Groep G34 763
Afrikanasiesbeker 2013 Hoofartikel: Afrikanasiesbeker 2013. DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers21 Januarie 201317:001–1Groep C15 50021 Januarie 201320:001–1Groep C13 50025 Januarie 201317:001–1Groep C25 00025 Januarie 201320:004–0Groep C35 00029 Januarie 201319:000–0Groep C8 00030 Januarie 201318:301–1Groep D7 5003 Februarie 201318:301–0 (e.t.)Kwarteindronde27 0006 Februarie 201318:301–1 (3–2 n.S.)Halfeindronde30 000
Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
360 grade uitsig Mbombela-stadium op FIFA se webwerf
Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:Krieketstadions in Suid-Afrika Kategorie:Nelspruit Kategorie:Rugbystadions in Suid-Afrika Kategorie:Sokkerstadions in Suid-Afrika