120px|duimnael|links|Die sneeuluiperd. Die Goue Berge van Altai (Russies: Золотые горы Алтая) is die naam van ’n Unesco-wêrelderfenisgebied in Rusland. Dit bestaan uit die Altai- en die Katoen-natuurreservaat, Teletskoje-meer, Beloecha-berg en Oekok-plato.

Volgens Unesco verteenwoordig die gebied "die volledigste reeks bergplantegroeisones in Sentraal-Siberië – van steppe, woudsteppe en gemengde woude tot subalpynse en alpynse plantegroei".

Die streek se belangrikheid is ook genoem in die bewaring van wêreldwyd bedreigde soogdierspesies, soos die sneeuluiperd en Altaïese argali. Die gebied is sowat 16 175 km2 groot.

Verwysings

Eksterne skakels

Ontspanningsgebiede in die Republiek van Altai Goue Berge, Republiek van Altai 20px|linksHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia-artikel vertaal

Kategorie:Berge van Asië Kategorie:Berge van Rusland Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Rusland