Charleroi 280px Kaart Wapen 170px|center 50px|center Vlag border|center|60px Land 20px België  Gewes (deelstaat) 20px Wallonië Gemeenskap Franse Gemeenskap Provinsie 20px Hainaut Koördinate  Stigting 1666 Oppervlakte:    - Totaal 102,08 vk km Bevolking:    - Totaal (1 Januarie 2017) 200 496  - Bevolkingsdigtheid 1 964/vk km  - Agglomerasie 425 000  Tydsone UTC +1 (MET) Burgemeester Paul Magnette (PS) Amptelike Webwerf charleroi.be

Charleroi (Wallonies Chålerwè of Tchålerwè) is 'n Franssprekende stad in België. Dit is in die provinsie Hainaut van die gewes Wallonië aan die Sambrerivier geleë. Sy inwoners word in Frans Carolorégiens (kort Carolos) genoem.

Charleroi, met 'n bevolking van sowat 205 000 (soos op 1 Januarie 2014) die grootste stad in Wallonië en die derde grootste in België volgens inwonertal, dien ook as administratiewe setel van die gelyknamige arrondissement (distrik). Die agglomerasie van Charleroi, wat vanuit Thuin tot by Sambreville strek, is die vyfde grootste in België met 'n bevolking van 425 000. Voordat 'n aantal nedersettings in 1976 met Charleroi saamgesmelt is, was die naamgewende stad se bevolking 21 307.

Charleroi is in die sentrum van 'n uitgestrekte steenkoolbekken, die sogenaamde Pays noir ("Swart land") geleë, tog is die plaaslike mynboubedrywighede, wat van Charleroi een van die leidende stede van die nywerheidsomwenteling in België gemaak het, intussen gestaak. Tans is staal- en glasvervaardiging, chemiese en elektriese nywerhede die vernaamste bedrywe, terwyl onderwys 'n belangrike rol vir die dienstesektor speel. As een van België se groot metropole is Charleroi 'n belangrike knooppunt vir pad- en spoorwegvervoer.

Kategorie:Munisipaliteite in Hainaut Kategorie:Nedersettings in Hainaut Kategorie:Stede in Wallonië Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in België