duimnael|Slakke wat paar. 250px|duimnael|Die tweeslagtige blom van 'n tulp.

In biologie is 'n hermafrodiet is 'n dier of plant wat tweeslagtig is en oor beide manlike en vroulike geslagsorgane beskik (of kan beskik).Merriam-Webster Woordeboek Daar word onderskei tussen gelyktydige en afwisselende hermafrodiete. Gelyktydige hermafrodiete het op dieselfde tydstip beide geslagte, terwyl afwisselende hermafrodiete eenslagtig is, maar van geslag kan verander.

Plante In die planteryk is hermafroditisme die reël eerder as 'n uitsondering: 94% van alle plantsoorte is hermafrodities en slegs 6% van 'n totaal van 250 000 plantsoorte het aparte vroulike en manlike individue. Blomme het byvoorbeeld meeldrade (manlik) sowel as 'n stamper (vroulik).

Diere In die diereryk geld presies die omgekeerde en aparte manlike en vroulike individue is die reël. Slegs 5% - 6% van die 1,2 miljoen diersoorte is hermafrodities. Dit kom neer op ongeveer 65 000 soorte.Al hierdie getalle is afkomstig van: Joan Roughgarden (2009) The Genial gene, bladsy 106. Voorbeelde hiervan is slakke en die reënwurm.

Mense Dié term word nie meer vir mense gebruik nie. Dit word as misleidend en stigmatiserend beskou. Sulke mense word deesdae intersekse"Interseks" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 November 2020."Interseks" in die AWS aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 November 2020. genoem.

Sien ook Interseks

Verwysings

Kategorie:Seksualiteit