Ronaldo Luís Nazário de Lima (Rio de Janeiro, 22 September 1976), beter bekend as Ronaldo, is 'n voormalige Brasiliaanse sokkerspeler. Hy het onder meer klubs soos Cruzeiro, PSV, FC Barcelona, Internazionale, Real Madrid en AC Milan verteenwoordig, en was ook ’n sleutelspeler vir die Brasiliaanse nasionale span met wie hy die Wêreldbeker-eindstryd in Frankryk in 1998 gehaal het, en vier jaar later in Japan die Wêreldbeker gewen het. Hy is 'n veelvuldige speler en word as een van die beste skoppers van alle tye gereken. Hy staan ook bekend onder die bynaam O Fenômeno ("Die verskynsel").

Hy is aangewys as Wêreldsokkerspeler van die Jaar in 1996, 1997 en 2002. Sy bekendste bynaam is O Fenômeno ("Die verskynsel"). Ten spyte van sy vele suksesse as speler, is sy loopbaan teruggehou deur herhalende kniebeserings. Hy het ook in die latere jare van sy loopbaan met vetsug gesukkel, en daarom word daar soms na hom verwys as "vet Ronaldo", om hom van Cristiano Ronaldo te onderskei.

Ronaldo is sedert September 2018 die klubeienaar van Real Valladolid nadat hy 51% van die klub se aandele gekoop het. In Desember 2021 het hy 'n meerderheidsbelang in sy jeugklub Cruzeiro vir $70 miljoen gekoop.

Internasionale loopbaanstatistieke Vir die Brasiliaanse nasionale sokkerspan:http://www.rsssf.com/miscellaneous/ronaldo-intlg.html Jaar Kere uitgedraf Doelskoppe1994411995631996451997201519981051999107200000200100200212112003832004116200551200675Totaal9762

Verwysings

Eksterne skakels

Video oor Ronaldo Ronaldo se webwerf Portret van Ronaldo by PSV op psv.tv

Kategorie:Brasiliaanse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense