Die 14de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Italiaans: Coppa del Mondo FIFA – Italia ’90; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 8 Junie tot 8 Julie 1990 in Italië aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Italië aangebied is, ná die 1934-toernooi, en die agtste in Europa. Italië het daarmee die tweede land geword wat die toernooi vir ’n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986.

duimnael|links|upright|Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is 24 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 deelgeneem. Die spanne is in ses groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die vier beste derde plek spanne na die agtste eindrondte deurgedring het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Argentinië met 1–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul derde wêreldbekertitel ingepalm het. Buitendien het Wes-Duitsland die eerste land geword wat vir die derde agtereenvolgende keer die eindstryd gehaal het, nadat hulle ook in die 1982- en 1986-eindstryde verskyn het. Vir die eerste keer nog het dieselfde eindstrydspanne weer die eindstryd gehaal, aangesien Argentinië en Wes-Duitsland ook in die 1986-eindstryd ontmoet het. Wes-Duitsland het ook die eerste Europese span geword wat daarin geslaag het om ’n Suid-Amerikaanse span in ’n eindstryd te klop. Die gasheer Italië het in die derde en Engeland in die vierde plek geëindig.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Costa Rica, die Republiek Ierland en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi tydens die Koue Oorlog en sterk mededingende lande soos die Sowjetunie en Tsjeggo-Slowakye het by die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 hul laaste verskynings gemaak. Die wêreldkampioen Wes-Duitsland het ook vir die laaste keer opgetree, nadat Duitsland later die jaar herenig is. Om presies te wees het die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 vir Duitsland tussen die val van die Berlynse Muur op 9 November 1989 en die Duitse Hereniging op 3 Oktober 1990 plaasgevind.

Toewysing Italië is op 19 Mei 1984 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990. Ander kandidaatlande was Engeland, Griekeland en die Sowjetunie, maar Engeland en Griekeland het voor die stemming hulleself onttrek.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 Land Rondte 1 11 5

Kwalifisering Die gasheer Italië en die verdedigende kampioen Argentinië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 gekwalifiseer. Van die 22 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, twee elk vir CONMEBOL (Suid-Amerika), CAF (Afrika), CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) en AFC (Asië). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen CONMEBOL en OFC (Oseanië) beslis.

Kwalifiserende spanne Die volgende 24 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie10de51986Kampioen (1978, 1986)8ste31986Vierde plek (1986)14de141986Kampioen (1958, 1962, 1970)2de11962Groepfase (1962)1ste1–Debuut2de11934Agtste eindrondte (1934)9de31986Kampioen (1966)1ste1–Debuut12de81986Kampioen (1934, 1938, 1982)8ste11982Vierde plek (1930, 1962)2de11982Groepfase (1982)5de11978Naaswenner (1974, 1978)6de11982Derde plek (1954)5de11970Agtste eindrondte (1934, 1938)7de51986Groepfase (1954, 1958, 1974, 1978, 1982, 1986)7de31986Vierde plek (1966)8ste41986Vierde plek (1950)3de21986Groepfase (1954, 1986)8ste11978Naaswenner (1958)8ste11982Naaswenner (1934, 1962)9de21986Kampioen (1930, 1950)1ste1–Debuut4de11950Derde plek (1930)12de101986Kampioen (1954, 1974)

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Rome Milaan Napels Turyn Stadio Olimpico San Siro Stadio San Paolo Stadio delle Alpi Kapasiteit: 80 258 Kapasiteit: 76 398 Kapasiteit: 74 090 Kapasiteit: 67 411 200px 200px 200px 200px Bari Verona Stadio San Nicola Stadio Marc’Antonio Bentegodi Kapasiteit: 56 875 Kapasiteit: 40 976 200px 200px Florence Cagliari Stadio Artemio Franchi Stadio Sant’Elia Kapasiteit: 41 300 Kapasiteit: 40 117 200px 200px Bologna Udine Palermo Genua Stadio Renato Dall’Ara Stadio Friuli Stadio La Favorita Stadio Luigi Ferraris Kapasiteit: 37 825 Kapasiteit: 38 685 Kapasiteit: 36 982 Kapasiteit: 35 921 200px 200px 200px 200px

Formaat Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 is oor 31 dae tussen 24 verskillende nasies oor 52 wedstryde uitgespeel. Dit het op 8 Junie 1990 op San Siro in Milaan met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Argentinië en Kameroen afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stadio Olimpico in Rome op 8 Julie met die eindstryd tussen Wes-Duitsland en Argentinië, waartydens Wes-Duitsland die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 ingespan.

Kalender Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieVr8Sa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Ma18Di19Wo20Do21Vr22Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep D | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep E

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep F

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 |UitklopfaseJunieSa23So24Ma25Di26Wo27Do28Vr29Sa30So1Ma2Di3Wo4Do5Vr6Sa7So8Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2 | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 is deur 24 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 24 deelnemende spanne in ses groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne en die vier beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die vier beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die tweede rondte.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 9 Desember 1989 in die Palazzetto dello Sport in Rome gehou.

Groepfase 24 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep en die vier beste spanne van die ses derde plekke het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A Land330040+46320163+34310223–12300328–60

Groep B Land320135–24311143+13311132+13310244±02

Groep C duimnael|Wedstryd tussen Brasilië en Swede Land330041+36320132+14310223–12300336–30

Groep D duimnael|Wedstryd tussen Wes-Duitsland en Joego-Slawië Land3210103+75320165+14311132+133003211–90

Groep E Land321052+35320163+34311123–13300316–50

Groep F Land312021+14303022±03303022±03302112–12

Ranglys van die derde plek spanne LandGroepB311132+13D311132+13F303022±03E311123–13A310223–12C310223–12

Uitklopfase

Agtste eindrondte

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Sokkerwêreldkampioen 1990

FIFA se ranglys Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1990-toernooi is soos gevolg:

duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:

Gasheerland Italië RangSpanGroepe 1 D 7 5 2 0 15 5 +10 12 2 B 7 2 3 2 5 4 +1 7 3 A 7 6 1 0 10 2 +8 13 4 F 7 3 3 1 8 6 +2 9 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 D 5 3 1 1 8 6 +2 7 6 A 5 3 0 2 10 5 +5 6 7 B 5 3 0 2 7 9 –2 6 8 F 5 0 4 1 2 3 –1 4 In die agtste eindrondte uitgeskakel 9 C 4 3 0 1 4 2 +2 6 10 E 4 2 1 1 6 4 +2 5 11 E 4 2 0 2 6 4 +2 4 12 B 4 1 2 1 4 3 +1 4 13 C 4 2 0 2 4 6 –2 4 14 D 4 1 1 2 4 4 ±0 3 15 F 4 0 3 1 3 4 –1 3 16 E 4 1 1 2 2 5 –3 3 In die groepfase uitgeskakel 17 B 3 1 0 2 4 4 ±0 2 18 A 3 1 0 2 2 3 –1 2 C 3 1 0 2 2 3 –1 2 20 F 3 0 2 1 1 2 –1 2 21 C 3 0 0 3 3 6 –3 0 22 E 3 0 0 3 1 6 –5 0 23 A 3 0 0 3 2 8 –6 0 24 D 3 0 0 3 2 11 –9 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Salvatore Schillaci 6 2 Tomáš Skuhravý 5 3 Gary Lineker 4 Lothar Matthäus 4 Roger Milla 4 Míchel 4 7 Andreas Brehme 3 Jürgen Klinsmann 3 David Platt 3 Rudi Völler 3 Rang Speler Doele 11 Roberto Baggio 2 Gabi Balint 2 Michal Bílek 2 Claudio Caniggia 2 Careca 2 Davor Jozić 2 Marius Lăcătuș 2 Müller 2 Darko Pančev 2 Bernardo Redín 2 Dragan Stojković 2 duimnael|upright|Salvatore Schillaci

Sien ook FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

fifa.com: Italy 1990: West Germany triumph worldcup-history.com: Italy, 1990 rsssf.com: World Cup 1990

1990 Kategorie:Geskiedenis van Italië Kategorie:Sokkerkompetisies in Italië Kategorie:Sport in 1990